ARTIKEL
die eerste mnr. Waterkloof
at het jy na skool gaan
doen?
Landis sê sy punte was op skool
nie te goed nie, maar die Here was
hom baie genadig. Hy het eers Grafiese Kunste
aan die Technikon van Pretoria studeer, maar
na sy eerste jaar het hy opgeskop, want hy het
besef dat hy eintlik net van skilder hou (hy skil-
der vandag nog) en nie van grafiese kunste nie.
Landis Lategan...die
eerste mnr. Waterkloof
andis Lategan het in 1991 aan
Hoërskool Waterkloof gematriku-
leer, of soos ons daardie tyd gesê
het, standerd 10 geslaag. Hy kan nie ‘n
spesifieke hoogtepunt uitsonder nie, maar
as hy aan iets moet dink, sal hy die dag
toe hy in 1987 as Druppel by Hoërskool
Waterkloof ingestap het, vir altyd onthou.
Landis sê hulle het “great” onderwysers
gehad, maar die onderwyser wat hy die
meeste geniet het, was mnr. Faan van
den Berg (“mnr. Kolonie”). Hy was een
van die snaaksste onderwysers en hy
was altyd vriendelik! ‘Hy kon vrek hard
pakslae gee, en ek het omtrent elke week
een gekry,’ sê Landis, ‘ek wou net nie by
hom pakslae kry nie. Hy kon nie so mooi
mik nie, so jou stuitjie was soms lam-
geslaan,’ sê Landis tong in die kies. Maar
die een ding wat hy die meeste van mnr.
van den Berg bewonder het, is die feit dat
hy almal dieselfde behandel het - al was
jy een van die stoutes.
Die reëling wat hy met sy ouers gehad het was
hy moes ‘n derde van sy studies self betaal
omdat hy opgeskop het. Hulle wou hom leer
dat geld nie aan bome groei nie en wanneer jy
iets begin, moet jy dit klaarmaak.
Landis het toe B.Com Bemarking– en Be-
sigheidsbestuur deur Oxford Brooks studeer.
Nadat hy sy graad verwerf het, het hy begin
werk en in die aande nagraads by Tukkies
Besigheids– en Stelsel Analise studeer. Voor-
waar ‘n besige man! Hy werk sedert 2007
vir die “IQ Business Group” en Nedbank is een
van sy kliënte.
‘Ek dink die hoogtepunt van my loopbaan was
toe ek besef het ek verdien nou genoeg om te
kan trou,’ sê Landis, met drie uitroeptekens
agterna!
ns delf ’n bietjie in sy per-
soonlike lewe
Landis is met Janice Mclaren getroud,
‘nou natuurlik me. Late-
gan...ystervrou!’,
As gesin bring hulle tyd vir ontspanning saam deur.
Naweke is hulle die heeltyd in mekaar se geselskap
en braai en rugby is maar hulle ’ding’. Hy skilder ook
nog steeds en dit is tot ’n groot mate deel van sy
ontspanning.
As jy vir Landis oor lewenslesse uitvra, is alles ge-
baseer op sy liefde vir Jesus en dat ‘Jesus hom (ons)
baie liefhet, en dat mens net op hom kan staatmaak,
op niks en niemand anders nie.’ Hy maak nog baie
foute in sy lewe, maar gelukkig het ons ‘n genadige
Vader. Sonder Hom is alles tevergeefs.
In hulle huis sê hulle altyd: ‘’n Lategan gee nooit
moed op nie. Ons “fight” tot die einde toe. En as jy
val staan jy op en “fight” verder.’
oodskap VIR DIE SKOOL
‘Geloof. Geloof is meer as net ‘n aksie of ‘n
strewe. Geloof is ‘n persoon wat, sonder
geloof, geen doel sou gehad het nie. Geloof
is Jesus.’
Hoërskool Waterkloof bou nie net in geloof nie maar
in Jesus. Die skool se leuse kon net sowel gewees
het: ‘Ons bou in Jesus’.
Daar is geen einde aan die hoogtes wat Hoërskool
Waterkloof kan bereik indien die skool met dié
toekomsvisie vorentoe gaan nie.
NELVUURVRAE
Landis moes vining op sy voete dink…
BRAAIVLEIS OF PIZZA
…….vir seker braaivleis...ek is mos ‘n
boerseun…….
BLOU BULLE OF LEEUS
…….eina! Blou Bulle, maar het baie respek vir die
Leeus...net NOOIT WP nie……..
Landis het baie van die “sing-alongs”,
Dinsdagaande op die pawiljoen, gehou.
Daar is dan aan nuwe liedjies gewerk en
geoefen. Almal was daar en die “dress
code” was pajamas. Baie van hulle het
soos narre gelyk, maar die gees was
ongelooflik! As almal kliphard saamskree,
kon mens dit vir seker kilometers ver
hoor.
BOSVELDVAKANSIE OF SEEVAKANSIE
…….seevakansie………
KOFFIE OF TEE
…….koffie! Sommer BAIE koffie………
SOMER OF WINTER
…….somer……..
Janice vat nie nonsens nie, nie eers van Landis
nie. Hulle is al amper 20 jaar saam en daarvan
is hulle al 15 jaar getroud. Hulle het drie
kinders...twee seuns en ’n dogtertjie...Daniel
(14), Migael (12) en Gabriella (6).
RUGBY OF KRIEKET
…….rugby………
KAMPEER OF BED-EN-ONTBYT
…….bed-en-ontbyt……..