Waterkloof Alumni Nuusbrief WaterkloofAlumni Nuusbrief 2 | Page 3

ARTIKEL Henk Deist is sedert Augustus 2017 die Hoof Uitvoerende Beampte van Atterbury Europe in Leiden, Nederland. Hy was vanaf April 2003 tot Februarie 2014 Hoof van Hulpbronne Finansies by Rand Merchant Bank. enk Deist het in 1987 aan Hoër- skool Waterkloof gematrikuleer. Gedurende hierdie jaar was hy ook hoofseun van die skool. koolloopbaan Henk sê hy het sy skoolloopbaan geniet. Hy het akademies goed pres- teer, maar op sportvlak het hy nie verder as die Interhuis gevorder nie. Hoogtepunte was sosiale aktiwiteite soos die skool se “sokkies” en “veldflieks”. Hy onthou die atletiek- en Interhoërbyeen- komste. Toe hy in graad 8 was, was die skool in die ‘D-bond’ van die atletiek en toe hy in matriek was (1987) was die skool ‘A- bond’-wenners! In Henk se woorde: “Dit was spesiaal.” Sy registerklas was ook dieselfde groep van graad nege tot matriek. “Dit was ‘n baie lekker groep kinders - baie uiteenlopend - van ’nerds’ tot ’cool’ kinders, maar ons het goed oor die weg gekom,” sê Henk. Hulle was selfs vir ’n naweek Dikhololo toe! Die matriekafskeid en “after party” is baie goeie herinneringe vir Henk. Mnr. Martins, die skoolhoof, was vir Henk baie spesiaal. Mnr. Martins was ‘n uitstekende hoof vir die beginjare van Hoër- skool Waterkloof. 1987 was mnr. Martins se laaste jaar by die skool. Hulle het nog gegrap oor hoe die skool sonder die hoof én die hoofseun gaan oorleef! oopbaan Die 1987 was die laaste ma- triekgroep wat kon gaan studeer voordat ons twee jaar weermag toe moes gaan. Die kinders van vandag weet waarskynlik nie meer wat die Suid- Afrikaanse Weermag is nie. Henk het B. Com (Rekeningkunde) by Tuk- kies studeer en as ’n “CA” gekwalifiseer. Hy het vir drie jaar sy klerkskap by Deloitte in Pretoria gedoen. Teen die einde van sy klerkskap in 1994 is verpligte weermag afgeskaf. Tydens sy klerkskap het hy sy Meestersgraad in Belasting voltooi en vir vier jaar in die Belastingafdeling van Deloitte gewerk. ‘n Vriend het Henk aangeraai om by ‘n “aksepbank” of “beleggingsbank” te werk, en so begin hy toe in 1994 by BoE Merchant Bank werk en gebruik so sy belastingkennis deur aan die begin in eiendomsfinansiering te werk, maar van ongeveer 2001 was BEE in die mynbousektor al hoe meer aan die orde van die dag. BoE Merchant Bank het Patrice Motsepe gehelp met die verkryging van An- gloGold se Vrystaat-goudmyne en daar het hy met hierdie tipe transaksies begin werk . In 2003 is BoE Merchant Bank deur Nedbank oorgeneem wat tot baie veranderinge gelei het . Rand Merchant Bank het Henk genader om in die mynbousektor met die fokus op swart bemagtigingstransaksies te kom werk. Henk het van 2003 - 2014 by Rand Merchant Bank aan verskeie belangrike swart bemag- tigingstransaksies gewerk, asook in pro- jekfinansiering in Afrika, Indië en China. Teen 2009 het Henk aan iets anders begin dink, want “ek het begin voel ‘I have seen it all’ in die mynbou– en bankwesesektore”. ‘n Universiteitsvriend, entrepreneur Louis van der Watt, het in 2013 vir Henk gekontak en gesê hy soek iemand om Atterbury Property Holdings in Europa ui te brei. Op 1 Maart 2014 het Henk met hierdie reis/avontuur begin…”dit is nog ‘n storie om op sy eie te vertel,” sê Henk. In Augustus 2017 het die Deist-gesin sak en pak Nederland toe verhuis vanwaar Atterbury se Europese besighede bestuur word. Hulle woon tans in Voorschoten, Nederland, so 45 minute per trein suid van Amsterdam. ersoonlike hoogtepunte ‘n Skoolvriend het Henk aan sy vrou, Diana (wat medies studeer het), voorgestel. Hulle sal April 2020 al 25 jaar getroud wees en het twee dogters, Nadia (17) en Nicola (15) wat hulle skoolloopbaan in Ne- derland gaan voltooi en dan êrens oorsee gaan studeer. (Henk is dol oor musiek en was selfs vir ‘n tyd lank na skool ‘n ‘DJ’...hy ontspan die lekkerste met musiek, vriende, ‘n lekker ete en ‘n goeie glas wyn. Hy glo die hoofkomponente van sukses, oor die algemeen en ook sy eie sukses, is outydse “harde werk”… lang ure van toewyding en fokus, asook die neem van verantwoordelikheid. Niemand spring moeilikheid, probleme en tragedie vry nie. “Dis nie òf nie, net wanneer en hoeveel jy kry,” sê Henk, en “dan kom harde werk en verhoudinge ter sprake om daardeur te kom.” oodskap aan Hoërskool Waterkloof Henk sê sy kinders vra hom gereeld “wanneer gaan ek hierdie ooit gebruik?” - met verwysing na vakke waarvan hulle nie hou nie en ook nie glo dat hulle dit ooit gaan gebruik nie. Henk is van die opinie dat ’n verskeidenheid vakke verskillende dele van die brein stimuleer en nodig is vir die ontwikkeling van die brein. “Die verhoudings wat jy bou en die ervar- ings by die skool - om te kompeteer, saam met mense te werk, sukses te ervaar, te- leurstelling te ervaar - is wat skool ‘n waar- devolle leerskool vir die lewe maak - vir enige plek in die lewe,” sê Henk, “nie die akademiese inhoud van vakke en watter vakke jy neem nie.” Henk se boodskap aan Hoërskool Water- kloof is om ‘n instelling te wees waar kinders hulleself kan leer ken en wees, ‘n goeie selfbeeld kan bou en goeie verhoud- ings kan bou sodat hulle gereed kan wees vir die lewe na skool. Die inhoud van skool- vakke verander met die tyd, nie dít nie. Skool moet ‘n instelling wees waar kinders hulleself leer ken en kan wees, ‘n goeie selfbeeld kan bou en goeie verhoudings kan kweek.