IN DIE KOLLIG
aantjie “
inamiet”
Daantjie Badenhorst, ook bekend as Daantjie Dinamiet Badenhorst, is bekend
as ‘n Suid-Afrikaanse vasvrakampioen, joernalis en outeur. Hy het bekendheid
verwerf deur reeks 24 van die baie bekende en immergewilde musiek vasvra-
kompetisie, Noot vir Noot te wen. Daarna het hy ook in 2005 Flinkdink, ‘n Afri-
kaans algemene kennis vasvrakompetisie gewen.
BO: Daantjie Badenhorst
“Jy begin altyd
onder in die lewe
en wees tevrede
met wat jy het.”
aantjie matrikuleer in 1985 aan
Hoërskool Waterkloof. Hy het nooit
op mededingende vlak aan sport
deelgeneem nie. Die naaste wat hy daaraan
gekom het was toe hy in matriek ‘n rasieleier
van die Puma-span tydens die interhuis-
atletiek was. Kultuuraktiwiteite was egter sy
passie. Hy was lid van die Franse-klub, die
skoolkoor en ‘Martiens’, die destydse skool-
koerant.
‘Martiens’ is na die skoolhoof, mnr. Martins
vernoem.
Daantjie het hoofsaaklik die
grappe saamgestel en hier en daar ‘n artikel
geskryf. Hy het ook resensies van nuwe
langspeelplate geskryf en gereeld ‘n
“Onderwysers Top 20” saamgestel. “Ek kry
vandag skaam oor sekere liedjies wat ek aan
onderwysers gekoppel het,” sê Daantjie.
Uiteindelik het hy besef hy weet eintlik niks
van joernalistiek nie.
Daantjie het ‘n liefde vir tale gehad en het
daarom Frans en Duits as vakke geneem. In
standerd 8 moes hy egter tydens die
‘vreemde tale-aand’ tussen die Franse
toneelstuk, ‘n verwerking van Aspoestertjie,
en die Duitse item kies. Daantjie het die
Duitse item, wat uit Duitse volksliedjies en –
danse bestaan, gekies.
Vir Daantjie was die ‘vreemde tale-aand’ ‘n
hoogtepunt tydens sy skoolloopbaan. As
rasieleier in matriek, het Daantjie die inter-
huisatletiek, asook die oorwinnings met die
interhoëratletiek, baie geniet. In Daantjie se
woorde: “Daarby was die oorwinnings wat
die skool elke jaar behaal het vir my iets
besonders omdat dit die skool as een van
Pretoria se grotes gevestig het.”
Me. Van der Westhuizen was van standerd
sewe tot matriek Daantjie se Duitse
onderwyseres. Die liedjies wat hulle in die
klas gesing het was vir hom besonders. Hy is
net spyt dat hulle nooit die Duitse nasionale
volkslied geleer het nie. Naas tale was
geskiedenis Daantjie se gunstelingvak en het
hy goed daarin presteer. Me. Reyneke het
het hulle van die begin af voorberei vir die
matriekeksamen deurdat die formaat van die
vraestelle met die matriekvraestelle
ooreengestem het.
Toe Daantjie in standerd 6 was, was die skool
net twee jaar oud. Daar was nog nie eintlik
tradisies nie. Sekere tradisies is eers later,
nadat hy matriek geskryf het, gevestig en
Daantjie is jammer dat hy daardie tradisies
gemis het.
“Ek was bly dat ek kon deel wees van ‘n
groep wat ‘n groot aandeel in die skool se
geskiedenis sou hê”, want die skool was nog
net twee jaar oud toe hy by Hoërskool
Waterkloof ingeskryf is. Wat Daantjie
opgeval het, was dat daar nog nie ‘n ma-
triekgroep was nie. Hulle groep was die
laaste standerd sesse wat nie deur matrieks
ontgroen is nie.
By Hoërskool Waterkloof het Daantjie geleer
dat jy te midde van teleurstellings en te-
rugslae moet vasbyt.
aantjie by die werk...
Na sy skoolloopbaan het Daantjie
eers verpligte diensplig verrig en
daarna het hy aan die Technikon van Pretoria
Joerrnalistiek gaan studeer.
Daantjie kon egter nie sy praktiese jaar
voltooi nie en moes sy studies staak. Hy het
by die publikasie-afdeling van die Staats-
drukkery gaan werk en na veertien jaar is hy
as subredakteur by ‘n koerant aangestel. Na
drie en ‘n half jaar het hy ‘n skeidingspakket
aanvaar en het hy by ‘n internet-
diensverskaffer gaan werk. Vandag is hy ‘n
vryskutjoernalis wat oor musiek en motors
skryf. Dit het gemaak dat hy ’n reis tussen
Pretoria en Kaapstad in ’n Toyota Hilux kon
onderneem - ’n hoogtepunt in Daantjie se
loopbaan.
aantjie by die huis...
Daantjie het sy vrou Yolanda by die
Staatsdrukkery ontmoet. Sy het
inligting nodig gehad vir ‘n hofsaak wat sy
teen haar werkgewer aanhangig gemaak
het...en natuurlik het Daantjie haar gehelp en
die inligiting vir haar gegee. Sy het die hof-
saak gewen...sonder die hulp van ‘n proku-
reur. Daarna het hulle van mekaar vergeet,
maar weer deur ‘n gemeenskaplike vriendin
kontak gemaak, en is uiteindelik nege
maande later getroud.
Daantjie en Yolanda is met twee kinders, Dirk
(15) en Suzanne (12) geseën.
Op ‘n vraag of Daantjie nog kontak met sy
skoolvriende het, antwoord hy dat hy deel is
van ‘n groep manne wat saam in matriek was
wat ten minste een keer ‘n jaar saamkuier.
Hy het deurentyd kontak behou met Carel
van Vuuren, maar het die laaste ruk beter
met onder andere Tiaan Vermeulen, André
Jooste, Werner Gilfillan, Johan Kense, Lou
van der Wateren en Frikkie Senekal bevriend
geraak.
Daantjie sê hy en Werner le Roux, wat vroeër
vanjaar oorlede is, was tot sy dood goeie
vriende. Hy moes ook twee ander skool-
vriende, John Brink (2011) en Johann Cronjé
(2017) aan die dood afstaan. Sy enigste
vriendinne van skooldae af met wie hy nog
kontak het is Retha van Wyk (Pieterse) en
Adele Snyders (Smit).
Vir ontspanning luister Daantjie graag musiek
en kyk sport en rolprente. Hy is ook baie
bedrywing op sosiale media. Daantjie se
stokperdjies is hoofsaaklik musiek. Hy is deel
van hulle gemeente se voorsanggroep en hy
is ook lid van die Voortrekkers.
Daantjie het in sy lewe geleer dat mens altyd
onder in die lewe begin en dat jy tevrede
moet wees met wat jy het. Dit is nie belangrik
om báie vriende te hê nie, maar eerder om
die régte vriende te hê. Daantjie het ook
geleer dat jy nooit ‘n permanente besluit moet
neem wanneer jy ontsteld is nie.
‘Vir die goeie en die slegte sien ek kans
omdat Christus my bron van krag is’ -
Filippense 4:13 (Die Boodskap).