Waterkloof Alumni Nuusbrief WaterkloofAlumni Nuusbrief 2 | Page 5

IN DIE KOLLIG ie Malan-broers, Pieter (2007), André (2009) en Janneman (2014) is drie broers wat met ‘n uitsonderlike kriekettalent geseën is. Al drie het op skool vir Hoërskool Waterkloof se eerstespan op die veld gestap, en al drie maak nou hulle merk in hetsy provin- siale óf nasionale spanne. ndré het ‘n semi-professionele kontrak by WP en speel vir hulle. André speel tans in Noord-Ierland vir ’n klub met die naam Civil Services Northern Ireland (CSNI) in die Northern Premier Liga van Krieket Ierland. Hy kom in September terug en sal dan weer vir WP in die Krieket Suid-Afrika-kompetisie speel. ieter en Janneman is beide by die Cape Cobras gekontrakteer en speel vir hulle. Hulle was in Indië met die draaibalkamp en beide sal na afloop van die kamp by die Suid-Afrika A-span aangesluit het. ieter het vanaf 2007 eersteklas krieket vir Titans en Norterns gespeel. Hy het ook vir verskeie Engelse klubs op die veld gedraf. In 2015 is hy in die Westelike Provinsie se groep vir die 2015 Afri- ka T20-beker ingesluit. Gedurende die 2016-17 Sunfoil 3-dag bekerreeks is hy as die voorste lopiemaker aangewys. In Oktober 2017 het hy sy 25ste hondertal in eersteklas krieket vir die Cape Cobras teen Warriors aangeteken. Hy was ook die voorste lopie- maker in die 2017-18 Momentum Eendagbeker. In Junie 2018 is hy in die Cape Cobras-groep vir die 2018-19- seisoen opgeneem en in September 2018 in die Bolandgroep vir die 2018 Afrika T20-beker. Gedurende die 2018-19 CSA 4-Dag Franchise Series het hy sy 30ste honderdtal in eersteklas krieket aangeteken en hy was die voorste lopiemaker vir die Cape Co- bras. ndré is in die Noordwes-groep vir die 2016 Afrika T20-beker ingesluit. Hy word aangewys as die Noordwes Dragons Speler van die Jaar vir die 2016-17-seisoen. Hy is as kaptein van die Westelike Provinsie groep vir die 2018 Afrika T20-beker aangewys. anneman is in die Noordwes-groep vir die 2016 Afrika T20-beker ingesluit. Gedurende die 2017-18 CSA Provincial One-Day Chal- lenge-toernooi en die 2017-18 Sunfoil 3-dag bekerreeks is hy as die voorste lopiemaker aangewys. In Junie 2018 is hy opgeneem in die Cape Cobras-groep vir die 2018-19-seisoen en in September 2018 in die Westelike Provinsie-groep vir die 2018 Afrika T20-beker. Hy is in die laasgenoemde toernooi as die voorste lopiemaker vir die Wes- telike Provinsie aangewys. Vir die eerste uitgawe van die Mzansi Super League T20-toernooi is hy in die Cape Town Blitz-groep op- geneem. In Februarie 2019 is hy in die Suid-Afrikaanse Twenty20 International (T20I)-groep vir die reeks teen Pakistan ingesluit. Hy het sy T20I- debuut vir Suid-Afrika op 3 Februarie 2019 teen Pakistan gemaak. Janneman het tydens die Cape Cobras-franchise se prysuitdeling drie toekennings verwerf. Hy het die ‘Young Player of the Year’-, ‘Players Player of the Year’- en ‘Cape Cobras Player of the Year’- toekennings verwerf.