Kortnuus
Valentynsdag soos
dit moet wees
Een maal per jaar is daar die
gebruiklike berig oor Grey se
Valentynsdagviering. Elke jaar
is die berig ongeveer dieselfde –
wat kan tog gesê word behalwe
hoe mooi die verhoog versier
was, hoe mooi die musiek was
en hoe die seuns en personeel die
verrigtings geniet het.
Hierdie jaar was die
viering egter iets heel anders;
‘n bykomende dimensie wat
sekerlik sal voortbestaan in
die skool se Valentynsdag
herinnerings. Daar was wel
musiek. Daar was wel blomme,
liefdesliedjies, ballonne. Daar
was geskenke van meisies en van
mammas af en daar was sekerlik
ook teleurstelling by die gebrek
aan verwagte geskenke.
Maar hierdie jaar was
daar ook ‘n bykomende item; ‘n
diamantring.
Nuwe Grey onderwyser mnr
Sechaba Matsoele het beplan om
die aand na Valentynsdag verloof
te raak aan me Nonhlanhla
Mthembu. Me Cheré Jordaan
het toe ‘n beter plan voorgestel:
dat hy die opwinding deel en
die jawoord vra tydens die
Valentynsviering in die saal, voor
die hele skool. En dit was toe so.
Me Mthembu was ietwat uit
die veld geslaan toe sy genooi
is om deel van die viering te
wees. Maar toe sy genooi is
om vorentoe te stap, en mnr
Matsoele instap en op een knie
voor haar sak, kon sy nie anders
as om “ja” te sê nie. Die saal het
ontplof soos die seuns gejuig
het oor die romantiese, perfekte
oomblik en verskeie dames het
erg bewoë geraak.
So het Valentynsdag vir een
pragtige paartjie ‘n onvergeetlike
dag geword. Mag die liefde vir
altyd voortduur.
- JOSHUA LOWE
[Nuus]
Grey Kollege Sekondêr April 2019
Ontgroening word oriëntering vir gr 8’s
Outydse gebruike van vernedering is nie meer relevant nie
“Newies” met hulle plakkate lyk asof hulle die oriëntering geniet.
Doop, ontgroening, insouting of
inisiasie; almal woorde wat die
belangrikste tyd in ‘n graad 8 se
lewe beskryf. Praat jy egter van
ontgroening strek die menings van
positief tot negatief; sommiges wat
dit aanprys en ander wat dit verdoem.
Wêreldwyd word ontgroening ook
onder die vergrootglas geplaas deur
organisasies soos CURE (Coalition
to Uproot Ragging from Education ).
Die vraag bly egter: “Waarom
word die ontgroening-spook nie
begrawe nie?”
Jaarliks word ontgroening
afgeskaf, verminder of verander.
Is hierdie afskaffing ten koste van
tradisie - of is tradisie uitgedien in
ons vinnige veranderende wêreld?
Die algemene konsensus was
dat ontgroening belangrik is omdat
dit die graad 8 groep ‘n hegte eenheid
maak met ‘n visie vir die skool.
Ontgroening wys vir die Newies dat
Foto: Verskaf
hulle laerskool-prestasies hulle nie
belangriker maak as die res van die
groep nie. Dit breek af en herbou ter
selfde tyd.
Is ontgroening nog relevant in
2019? “Dit is net so belangrik, indien
nie meer belangrik, as in 1919,”
meen skool leier Ian Small-Smith.
Moet ontgroening ‘n keuse
wees? Hierdie vraag word al lank
gedebatteer, maar volgens meeste
kinders moet dit nie wees nie.
Die uitdagings wat plaasvind
kom van beide partye af. Die prefek
wat skielik mag kry moet versigtig
wees om nie sy mag te misbruik
nie. Die teenstelling is dat die
kind wat Grey toe kom weet dat hy
ingesout gaan word en daarvoor
moet voorberei. “Die insouting
word gekontroleer met die skool se
tradisies en toekoms as afhanklikes
van die sukses,” beaam Ian.
- PIETER SCHALK GROBBELAAR
ProfIeL
Waar in die wêreld is... André Volsteedt
André Volsteedt was in 1993 onder-
Hy sal ook altyd vir Dirkie
gaan koffie drink. Op Grey het hy ook
hoofseun stad. Sport was ‘n baie
Froneman onthou: ‘n ongelooflike
lewenslesse geleer. Een insident was
groot deel van sy skoolloopbaan en
kind wat baie mense se lewens
uitstaan is toe hy eenkeer toe hy te
toe dit tyd word om ‘n beroep
groot vir sy skoene was, deur
te kies, het hy geweet dat dit
Hansie Cronje aangespreek
in ‘n sport rigting sou wees.
is. Hansie het vir hom gesê
Die siftingsproses was
dat hy altyd moet probeer
vir hom eenvoudig: hy wou
om die minste in die lewe te
nie heeldag in ‘n kantoor
wees en die mense om hom te
sit nie; hy wou die wêreld
dien – veral in spanverband.
Hy het al verskeie interes-
verken; hy het besef dat
afrigting nie sy forte was nie
sante ervarings gehad, en
en sy belangstelling was in
veral een insident aan die
fiksheid en wetenskap.
begin van sy tydperk in
Dit is dus hoe hy
Frankryk staan uit.
gevorder het tot waar hy nou
Voor sy eerste tuiswedstryd
is: ‘n fiksheidvoorbereiding
teen Racing Metro wat Stade
afrigter. Huidig is hy die
Francais se aartsvyande is,
fiksheidsafrigter by die
stap hy na die reserwe haker
Stade Francais in Parys.
Laurant Sempere en wens
André is getroud met Trudie,
hom sterkte toe en sê iets in
‘n mediese dokter en hulle
die lyn van: “Maak ‘n verskil
het twee dogters, Minke (9)
as jy op die veld gaan”.
en Mila (6). André se kontrak
Tussen sy trane deur gryp hy
in Frankryk moet nog twee
toe vir André agter die kop en
jaar verloop.
slaan hom met sy kop dat hy
Hy het baie onvergeet-
sterre sien. Hy sê toe net in
like herinneringe van sy
Frans: “Je suis prête” - “ek is
skooljare by Grey. Veral
gereed.”
Vrydae se saalperiodes
Hy glo dat Grey sterker en
periodes is helder in sy André saam met die welbekende oud-Greys, Robert
groter as enige individu is,
geheue; sprekers soos veral Ebersöhn en Piet van Zyl, in Frankryk. Foto: Verskaf en die mag van eenheid en
van Sir Louwrens van der
samehorigheid is gevestig by
Post, Clem Sunter en mnr Volsteedt
aangeraak het met sy manier van
die seuns en onderwysers. Mag dit
se motiveringspraatjies en staaltjies
dinge doen. Wanneer hy gebunk
altyd voortduur.
oor Grey se legendes.
het, het hy by die skoolhoof se vrou
- VLADIK SEAGREEN
4