[CuLture]
Grey College Secondary April 2019
Besige jaar met ‘n verskeidenheid van
opwindende optredes wag vir groep
Short
News
sTaCCaTo
Bechstein piano in
Reunie Hall has a
significant history
Indomitus-sanggroep stel reeds vroeg ‘n hoë standaard
Die bekende Indomitus-sanggroep
het die jaar op ‘n hoë noot begin. Die
besige begin het gevolg op die eerste
paar weke van harde werk en ure se
oefentyd, want die nuwe ‘repertoire’
moes eers deeglik aangeleer word.
Die vrugte van die harde werk is
gepluk by verskeie meisies-koshuise,
waar Indomitus se Valentyn-sêr met
groot opgewondenheid ontvang is.
Volgens tradisie het Indomitus op die
vooraand van Valentynsdag eers by
Eunice se koshuis gesing, en daarna
by Oranje en Sentraal se koshuise.
Hulle sêr-program het bestaan
uit vier bekende liedjies, naamlik
‘Attention’ van Charlie Puth, ‘Girls
like you’ van Maroon 5, ‘Castle on
the Hill’ van Ed Sheeran en ‘Fine by
Me’ van Andy Grammer, alles items
wat met groot entoesiasme deur
Indomitus uitgevoer is.
Na die besoek aan die
skoolkoshuise het hulle ook by die
Indomitus-lede se meisies gaan
sêr, wat hierdie Valentynsdag vir
die meisies onvergeetlik gemaak
het. Die laaste item van die aand
was ‘n onverwagse besoek aan die
dameskoshuis Amelia op die kampus
van die UV.
Een van die seuns het
spontaan voorgestel dat hulle by
sy studentevriendin by Amelia
gaan sing, en toe hulle weer sien
was die koshuis se balkonne gevul
met studentedames wat luidkeels
“cheer”.
‘n Eerstejaar mediese student
wat ook in Amelia bly, het later
opgewonde vertel: “Ons het
eers gedink dat dit een van die
manskoshuise was wat kom sêr
het vir Valentynsdag, maar ons het
gou besef dat dit nie moontlik was
nie, want die verskil was dat hierdie
groep ‘actually’ kon sing!” Sy het ook
vertel watter aangename verrassing
dit was en dat dit hulle aand baie
opgehelder het.
Carl Bechstein, piano-maker.
Die Con Spirito-sanggroep van Oranje Meisieskool tree op in die Reüniesaal.
Indomitus het dus hulle
sêr-aand op ‘n suksesvolle not
geëindig en daarna was dit dit
vir die stemme om ‘n bietjie te
rus voor Valentynsdag se besige
program gevul met verdere
optredes. Valentynsdag is elke jaar
‘n hoogtepunt vir Indomitus. Een van
die lede sê: “Wie sal nie gevlei word
indien ‘n hele saal vol meisies jou
toejuig nie?”
Die opvoering elke jaar in
Oranje se skoolsaal was ook die
eerste keer dat Indomitus hul hele
program voor ‘n hele skool opgevoer
het. Na Indomitus se vier liedjies het
Con Spirito, Oranje se sanggroep,
geantwoord met twee ‘medleys’ van
hul eie.
Laaste, maar sekerlik nie die
minste nie, is daar die eerste keer
kennis gemaak met Oranje se eie
‘Drumline’. Nadat aktiwiteite in
Oranje se saal afgesluit was, het
Indomitus saam met Con Spirito
vertrek na Grey, waar die volle
Valentynsdag-program ook in die
Reüniesaal opgevoer is.
Indomitus sal later vanjaar weer
by die kunswedstryd optree, asook
by verskeie interskole soos by Affies
van Pretoria en Paarl Boys High.
Veral die mededinging teen Affies
op kultuurgebied sorg elke jaar vir
gehalte en kwaliteit uit die boonste
rakke. Hierdie interskole-optredes
gee ook die ideale geleentheid aan
verskeie groepe wat min geleentheid
kry om voor groot gehore op te tree.
Groepe soos die Grey Gumboots, die
Foto: Eduard Büchner
verskillende Marimba-groepe, die
Drumline en orkesgroepe kry die
geleentheid om hul vordering ten
toon te stel.
Dit bied ook aan alle groepe die
geleentheid om hulle te slyp vir die
Musiekfees, wat aan die einde van
die derde kwartaal in die Sand du
Plessis-teater aangebied word.
Vir Indomitus sluit die jaar
dan in die derde kwartaal af met
die jaarlikse optrede by die Grey
Musiekfees. Alle lede van Indomitus
is natuurlik ook lede van die koor.
Daar lê dus nog honderde ure se
oefentyd voor ten einde werk van
dieselfde gehalte te lewer. Die hele
Grey-gemeenskap sien uit na wat
nog gaan kom.
- MIKAEL VON ESCHWEGE
Voortrekkers kry tyd om uit te reik ten spyte van program vol aksie en pret
Grey se Voortrekker-kommando,
die Pres MT Steyn-kommando,
is vernoem na ‘n oud-Grey, nie
noodwendig slegs na ‘n voormalige
president van die Vrystaat nie. Die
getalle van die Voortrekkers bly
konstant en neem selfs effens toe.
Mnr. Pieter Wessels, wat
betrokke is by die kommando, sê:
“Ons het vanjaar ‘n hele aantal graad
8’s bygekry. Ek dink ook dit help dat
ons kommando nie slegs uit seuns
van Grey bestaan nie, maar dat daar
ook ‘n hele paar meisies van Oranje
en Eunice betrokke is.”
Daar is ‘n magdom aktiwiteite
Die Voortrekkers is reeds twee jaar betrokke by die Lerato créche oorkant
Bainsvlei se polisiestasie.
Foto: Verskaf
waar lede van die Voortrekkers
betrokke kan wees. Deur die loop
van die eerste kwartaal het die
kommando voortgegaan met hul
uitreik-projek by die Lerato Creché by
Bainsvlei. Oor die afgelope twee jaar
het lede van die kommando gesorg vir
die opgradering en instandhouding
van dié sentrum se fasiliteite. Dit
sluit in nuwe speel-fasiliteite soos
swaaie en ‘n klimnet, verfwerk en
klein plastiek-motorfietse vir die
kinders.
Ongeveer 20 lede van die
kommando het ook die jaarlikse
provinsiekampe op Doornkloof
bygewoon tydens die Maart-
vakansie. Die graad 8’s was op
Ontdekkerskamp, die graad 10’s op
Leierskamp en die graad 11’s het die
uitdagende Veldkamp aangedurf.
Alex Els en Elrike Viljoen is verkies
aan jeugleiers van die provinsie, iets
waarop die kommando baie trots
kan wees. By die graad 11-kamp,
Veldkamp. het mnr Piet Viljoen en
me Elma Viljoen, albei betrokke by
Grey se Voortrekkers, weer opgetree
as kampleier en adjunk-kampleier.
Ontdekkerskamp, waar die
graad 8’s gekamp het, is ‘n besige
5
kamp waar daar gewoonlik gewerk
word vir een of twee kentekens. Een
van die hoogtepunte van hierdie
kamp is die jaarlikse ‘Katvoet’, ‘n
operasie wat meestal in die donker
nag van Doorbkloof plaasvind.
Doornkloof behoort aan die
Vrystaatse Voortrekkers en kan
omtrent 40km buitekant Kroonstad,
in die rigting van Lindley, gevind
word. Dit is ‘n plaas vol historiese
karakter en is ook die plek waar die
graf van Sarel Cilliers, aflegger van
die gelofte by Bloedrivier, gevind kan
word. Daar is ‘n klein, maar volledige
museum war die geskiedenis van die
omgewing en die Voortrekkers as ‘n
jeugbeweging, uitbeeld.
Verdere hoogtepunte in die jaar
is volop: Daar is die Winterkamp aan
die begin van die Junie-vakansie.
Hier kan ‘n jagkursus bygewoon word
of enige ander kursus wat natuurlik
te doen het met natuurbelewing.
Vir diegene wat egter lus is om ‘n
bietjie see toe te gaan is daar die
jaarlikse Seejol, wat sorg vir ‘n lekker
wegbreek in die vakansie. Die seuns
(en meisies) wat betrokke is by die
Voortrekkers, geniet dit baie.
- WIESNER HECHTER
The beautiful piano in the
Reunie Hall has been in use for
almost a century. The piano itself
is a Bechstein piano dated 1907,
making this piano 112 years old.
According to Mr Dana Cilliers,
music teacher and a pianist
himself, the piano has reached
the end of its productive lifetime.
Carl Bechstein founded the
C Bechstein Pianoforte Company
in 1853 in Berlin, Germany. The
young Carl Bechstein studied in
France and England as a piano
craftsman before becoming an
independent piano manufacturer.
His first pianos were made for
other companies and did not
carry the name Bechstein.
Bechstein had the idea to
manufacture a sturdy piano, able
to withstand the great demands
imposed on the instrument by the
virtuosi of the time, specifically
Franz Liszt. In 1857 Hans von
Bülow (Liszt’s son-in-law) gave
the first public performance
on a Bechstein grand piano by
performing Liszt’s Piano Sonata
in B Minor in Berlin.
Since that first performance,
Bechstein pianos had become a
staple in many concert halls and
private mansions. The three
great manufacturers of the
time were Bechstein, Blüthner
and Steinway & Sons. In 1881
Bechstein provided pianos to
Queen Victoria.
Some of these pianos
(including a gilded art-case
piano) are still on show in
Buckingham Palace and Windsor
Castle in England.
An art-case Bechstein piano.
Carl Bechstein eventually
be came so popular as a
manufacturer of quality pianos
that the company opened
branches in London, Paris,
Vienna and Saint Petersburg.
Some of the well-known
composers who composed on
Bechstein pianos include Béla
Bartok, Maurice Ravel, Edvard
Grieg and Alexander Scriabin.