[News]
Grey College Secondary April 2019
Keer terug na
persoonlike
verhoudings en
leer ken jouself
G4C het hulle jaarlikse jeugweek
aangebied gedurende 29 tot 31
Januarie. Soveel as 200 seuns het
elke aand in die Grey Paviljoen
bymekaar gekom om die Here te prys,
na ‘n boodskap te luister en om in
groepe te gesels oor dinge van die
woord en die hart.
Hierdie jaar se tema was baie
gepas Face to Face en het oor die
belangrikheid gegaan om aangesig-
tot-aangesig-verhoudings met mense
en met die Here te hê. Die sprekers
was Wian Vos en Tanya de Kock.
Die seuns het weereens besef dat dit
belangrik is om ‘n intieme verhouding
met God te hê. So ook is dit belangrik
om met jou mede-Christene te gesels
en egte verhoudings te hê waarin
jy jouself kan wees. Wian en Tanya
het ook pouses met die seuns en
personeel gesels en het deur die week
praatjies in die saal met die seuns
gehad. Aangesien die sprekers ook
professionele lewensafrigters is, kon
baie seuns waardevolle gesprekke
met hulle voer en goeie, inspirerende
raad kry. Wian is ook ‘n sanger en
musikant en die lofsang was ‘n
unieke ervaring.
Wian is van die bediening Weet
jy dat God jou liefhet? en stap reeds
‘n lang pad met die Grey-seuns. Hy
het in 2016 inspirasie vanaf die Here
ontvang uit Mattheus 28:19&20
om ‘n Bybel-gebaseerde groep te
begin vir tienerseuns en hulle ouers
om hulle te leer, te inspireer en te
bemagtig om hulle lewe ten volle uit
te leef as dissipels vir Christus.
Wian tree sedert 2016 as
mentor op vir die Grey seuns.
Die Here het aan hom gewys om
selfoontegnologie te gebruik om
die seuns te bedien. Dit gebeur
dikwels dat seuns hulle harte vir
die Here gee, maar sonder inspirasie
en ondersteuning soms weer
stoom verloor. Seuns kan inskakel
op ‘n WhatsApp-groep en kry so
inspirerende boodskappe vanaf
tydgenote, bekende sportsterre soos
Warren Whiteley en kunstenaars
wat hierdie projek ondersteun en
gereelde boodskappe uitstuur;
positief, relevant en hedendaags.
Alle Grey seuns word uitgenooi
om weekliks op ‘n Woensdagaand
by G4C aan te sluit waar jy toegerus
word met gereedskap om die lewe
aan te pak en saam die Here kan loof
en prys.
- ALBRECHT BOTHA
‘n Bottel se proppie is meer
as net ‘n toemaakding
Murray-huis se proppie-projek hou aan groei
V.l.n.r. Luhan Serfontein (wenner graad 9), Jared McIntyre (stigter van die Mustang Wheelchair Rugby-klub),
Peter West (afrigter), Tristin Geddes (wenner graad 8), Mariné van der Walt (spanmaat).
Foto: Verskaf
Hoe maak ‘n mens as jy verlam is en
nie ‘n rolstoel kan bekostig nie?
Gelukkig is daar iemand soos
Jared McIntyre wat self in ‘n rolstoel
is - wat verstaan hoe dit voel en weet
hoe ‘n positiewe impak ‘n rolstoel het
- nie net in die gestremde persoon se
lewe nie, maar ook in die lewens van
die mense wat hom versorg.
M u r r a y- h u i s s e p r o p p i e
versameling het begin in 2017 toe
‘n berig in die Volksblad verskyn het
oor Jared en die Mustang Rolstoel
Rugbyklub in Bloemfontein, wat
proppies van verskeie skole in
die stad ontvang het. Mense het
die proppies geskenk en dit is toe
gewas, gesorteer en verkoop. Die
geld is toe gebruik om aan behoeftige
jongmense rolstoele te skenk. Die
persone is dus ook ‘n kans gegun
om ook deel te neem aan sport vir
gestremdes.
Ongeveer 450kg mooi
gesorteerde doppies kan een rolstoel
aankoop. Enige proppies van 2 liter,
500ml en 450ml koeldranke, 2
liter vars melk asook 2liter joghurt
bottels, 1liter lang-lewe melk en
enige 1liter vrugtesap, asook enige
waterbottels, kan gebruik word.
In 2017 en 2018 is 30kg
proppies aan Jared oorhandig. Einde
2018 is die inkomende 2019 graad
8’s te versoek om elkeen minstens
1kg proppies saam te bring tydens
hulle intrek in Murray-huis. Hierdie
idee is geplant die dag in 2018 toe
Ulrich Schoeman, toe ‘n nuwe graad
8 met sy aankoms by Murray-huis
‘n sak vol proppies afgelaai het.
Met Tannie Kim, Murray-huis
koshuismoeder se inisiatief, is die
projek begin.
Grey-werknemers het ook
deelgeneem aan die projek: Hamilton
Me Karen Venter verruil basse vir soprane
Me Karen Venter het aan die begin
van Desember onverwags gehoor
dat sy aangestel is as Wetenskap-
onderwyser by die Saint Michael’s
School for Girls. Daar was dus nie
tyd vir haar om die Grey Kollege
personeel en seuns behoorlik te groet
nie maar sy noem dat sy wel verlang
na baie aspekte van haar vyf jaar as
onderwyser by Grey.
Sy meld ook dat die tydperk
by St Michael’s vir haar nogal ‘n
aanpassing was op vele gebiede. Sy
moes gewoond raak aan klasse met
net meisies ...en ook die drastiese
verskil in stemtoon.
Blykbaar werk die dogters ook
baie hard en doen ook graag en
getrou huiswerk in boeke wat netjies
en kleurvol oorgetrek is. Me Venter sê
sy werk ook baie hard maar sy geniet
elke oomblik.
Haar nuwe kollegas is baie
ondersteunend vir die nuwe
Wetenskap- onderwyser en daar
Me Karen Venter
Foto: Verskaf
word ook lekker gelag en gesels
tydens pouses. Daar is ‘n gevoel van
samehorigheid en eenheid. Sy meen
ook dat as daar oorlog sou uitbreek,
weet sy dat sy nie alleen staan nie
want daar is ‘n hele weermag van
sterk vroue agter en langs haar.
Juffrou Karen bedank elkeen
wat vir vyf jaar deel gehad het in
haar vorming as mens; vir al die
liefde en ondersteuning wat sy kon
ervaar.
Sy is dankbaar vir vriendskappe
wat haar ‘n leeftyd gaan hou.
Sy wens almal ‘n lewe van
regverdigheid, lig en waarheid toe en
groet almal tot weersiens, moontlik
langs ‘n sportveld of net iewers in ‘n
onverwagse plek.
Hambani kakuhle!
- FRANCOIS HAASBROEK
3
Hall se personeel het amper 10kg
bymekaar gemaak en Suzan en Nnini,
die dames wat sorg dat Murray-huis
skoon is, het onderskeidelik 9 en
8kg elk bymekaar gemaak. Daar was
ook ‘n kompetisie tussen die seuns
en die wenners, Tristan Geddes met
sy 9kg en Luhan Serfontein met sy
8kg proppies, het elkeen twee fliek
kaartjies gewen.
Op 3 Februarie het Jared en
sy spanmaats Murray-huis besoek
en 130kg proppies is aan hulle
oorhandig en op 8 Februarie 2019
het Jared die Grey-seuns toespreek.
Sportmanne sal kan verstaan
hoe frustrerend dit is as hulle as
gevolg van ‘n besering nie kan speel
nie… dink net hoe voel iemand
wat glad nie kan beweeg nie…. ‘n
koeldrank proppie is nou meer as net
iets om ‘n bottel toe te maak.
- GIDEON BRESLER
Proud sponsors of
Grey College Sport
Short
short News
News
Mrs Hester Roos
takes her final bow
After a period of 13 years and
four months, mrs Hester Roos
has decided to cease her teaching
career, one year short of her
official retirement date.
She says she is leaving in
order to still enjoy quality time
with her grandson, and to focus
on other aspects of life.
Mrs Roos was Head of
English Home Language for
a period of 13 years. She also
taught German for two years
after which she was involved
solely with senior English.
She states that her inter-
action with the learners in class
was conceivably the best times
of her teaching career, especially
when the learners realised that
their interaction was essential.
Mrs Roos was in charge of
debating until last year when
she handed over the reins to
mrs Verenie Albertse. She was
also involved with the Stabilis
newspaper as head of the News
section.
Leaving a place where
you have been settled for so
many years, is never an easy
decision and mrs Roos says that
she will reflect with longing on
every aspect of Grey. She has no
particular plans to keep busy
after her retirement, yet she
believes that something will
come her way.
So, this is goodbye from the
teacher with the purple hair.
- JOSHUA LOWE
NB Dates
1 May:
Workers Day
1-3 May
Rugby Wildeklawer
2-5 May:
Tennis Kearsney festival
6-10 May
Drama FS Art Festival
11 May:
Inter: Paarl BH (BFN)
18 May:
Inter: Affies (BFN)
Grey Ball