PRODUCER FOCUS | PRODUSENTFOKUS
Piet se filosofie oor boerdery is dat winderosie,
grondtemperatuur en reënval die drie belangrike aspekte is.
eerste graangraderingskursus in 1940 by
Senwes bygewoon het.
VERTAKKINGS
Sedert 2013 het hulle aktief die boerde
ry aangepas. Hulle het aanvanklik 95%
mielies en 5% koring geplant. In 2014 is
met 100 hektaar sonneblom begin en die
jaar daarna 40 hektaar sojabone onder
besproeiing. Die boerdery het soveel
verander dat hulle in die 2018/19 seisoen
slegs 37% mielies gaan plant, gevolg
deur sonneblom (24%), sojabone (19%),
klein witbone (7%), koring (7%) met 6%
lande wat oorlê. “Dit is omdat die mielie-
som alleen redelik moeilik haalbaar is,” sê
Pieter en Piet.
Met sy seun Pieter wat die saai
gedeelte hanteer, is skoonseun Cassie
besig met die pekanneute wat hulle 5 jaar
gelede begin aanplant het.
Vir Cassie is pekanneute, 10 500 bome
om presies te wees, ’n leefwyse waar sy
harde werk oor ’n paar jaar vrugte vir dié
boedery gaan begin afwerp. Hy plant
Wichita- en Navahobome, 12 by 6 meter
op 75 hektaar vir meer sonlig en benut so
die grond en water meer effektief.
Wanneer die bome heeltemal te groot
raak kan hy bietjie uitdun. Hy glo ook in
’n binneveld kwekery sodat hy plante van
soortgelyke ouderdom kan oorplant in
die plek van dié wat beskadig is. Soos hy
die takke sorgvuldig snoei noem hy: “Die
takke is die fabriek maar die stam is die
voedingsaar.
As hy raad vir prodsusente kan gee:
“Koop eerder ’n R300 plant as ’n R200
een, en wag liewer ’n jaar en plant ’n
geënte boom.”
FILOSOFIE
Piet het ’n drieledige filosofie oor boerdery.
Hy was in 1973 ’n landbouvoorligter in
Bophuthatswana en glo dat winderosie,
grondtemperatuur en reënval die drie
belangrike aspekte is. Hulle het na 40 jaar
’n moontlike wenresep om dié drie hok te
slaan. Soos ons in die lande loop, trap jou
stewels nie weg in die los sand nie, maar
hoor jy kraakgeluide soos jy op die reste
trap so tussen die rye stoppels van die
vorige seisoene. Danksy hulle 8-reeks John
Deere trekkers en implemente kan hulle
twee rye 76 cm uitmekaar plant, met die
ander twee rye wat weer 1,5 m verder is.
Winderosie: Die stoppels stop wind
erosie in sy voetspore en al stofwolk wat
ek gewaar, is al langs die grondpaaie na
die lande.
Grondtemperatuur: Soos ons die
grondmonsters onder die reste vergelyk
met die wat nie bedek is nie, is die verskil
voelbaar - sommer baie grade koeler.
Reënval: Piet grou skaars 10 cm onder
die reste om nou, middel September, by
klam grond uit te kom en so word die 500
mm reënval per jaar meer effektief benut.
Sowaar spreek dit al drie aspekte perfek
aan.
Met minimum bewerking plant hulle
op die rye van twee seisoene terug met
verlede seisoen se stoppels nog netjies
regop. So bring dit ’n heel ander per-
spektief aan die naak, warm, droë en
sanderige beeld van hierdie deel van die
Vrystaat.
Soos jy dieper grou kom jy, glo dit of
nie, by organiese materiaal uit. Piet se
droom is om die sisteem so perfek te kry
dat sy kleinkinders by ander plase sal
moet gaan kyk hoe die sandwêreld lyk.
Pieter, wat deel van die 2018 Syngenta
Graanakademie was, voeg by dat hy
graag wil glo dat hy eendag op ‘n erd-
wurm of twee sal afkom.
SENWES
John Deere trekkers en ‘n skaalmodel
in die vertoonkas verklap dat hulle John
Deere en Senwes klante is. Pieter vertel
dat die RTK veral krities vir hulle is en dat
geen stelsel naby dit kom nie - prys, diens
en presisie is uitstaande. Hulle het ook ’n
produksielening by Senwes en ‘n deel van
hulle graan word deur Senwes bemark.
Pekanneute is
Cassie de Vries
se kos.
By Senwes maak hy spesiale melding van
sy takbestuurder Gerhard van der Ryst,
landboubesigheidsbestuurder Vonnie
Haarhoff en silobestuurder Jurie Maree:
“As ek ’n probleem het, sal hulle dit beslis
altyd vir my kan oplos.”
GEES BY BULTFONTEIN
Hulle noem dat ‘n lekker gees onder
die produsente by die Midde-In Studie
groep heers, waar hulle reeds aan ’n
Amerikaanse toer beplan.
MENTORS
Hy het 21 werkers en hy glo dat kennis
aan werkers oorgedra moet word. Hulle
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018
14
13