Wenkombinasie in saai! Pieter
Ferreira en sy pa Piet.
PRODUSENTFOKUS | PRODUCER FOCUS
Piet Ferreira
Vat jou goed en bly
in landbou... Ferreira
Die Afrikaanse liedjie lui, Vat jou goed en trek Ferreira. Maar dit is nie die geval by hiérdie
Ferreira′s nie. Senwes Scenario het by Senwes produsent Piet Ferreira gaan inloer.
Deur Aubrey Kruger
Senwes Scenario Redakteur
V
yf jaar gelede op 63 het Piet, of
Piet Lentedou soos hy bekend
staan, se boedery anders gelyk.
Danksy genade het sy seun en
skoonseun oornag deel van die boerdery
geword. Pieter Ferreira en Cassie de Vries
het by die boerdery aangesluit. Pieter,
12
’n vlieënier, en Cassie, wat Bosbou en
Natuurlike Hulpbronne studeer het, het
nuwe lewe in die boerdery geblaas.
En, sê Piet Lentedou, glo dit of nie, hier
is drie Piet Ferreira’s wat in dié sandge
weste boer.
DIE BEGIN
Piet het in 1975 begin boer en oorgeneem
by sy pa Lou, wat ’n winkel in die gebied
bedryf het, Lentedou Kontantwinkel.
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018
Lou was in 1947 die bestuurder van die
Senwes handelstak in Tierfontein, waarna
hy in 1954 begin boer en sy winkel bedryf
het.
Dit is by sy pa en medeprodusente
in die gebied waar Piet die basiese
beginsels van boerdery geleer het. Hy
het begin met 150 hektaar koring en 300
hektaar mielies en vandag, na 43 jaar,
het hy ’n sterk boerdery opgebou. Nog
’n interessante feit is dat sy pa ook die