PRODUSENTFOKUS | PRODUCER FOCUS
13 | Produsent Piet Ferreira
tree as mentor op vir Ruben Motlhabane, ’n
opkomende produsent. “Ons is sy huidige
mentors en deel alle inligting met hom. Hy
weet wat ek weet. Hoe gaan dit lyk as sy oes
sleg is en mense hoor ek is sy mentor,” noem
Pieter en Piet voeg by hoe ‘n lekker gevoel dit
is wanneer Ruben sukses behaal.
Die driemanskap se raad aan ander
produsente is dat politiek uit jou hande
is, maar dat ons moet saamstaan en veg
vir wat ons wil hê. Piet sê laastens: “Leer
jou lewe lank soveel as wat jy kan. By dié
plaas gebeur dinge, danksy harde werk en
natuurlik genade van Bo.” Piet en sy vrou
Marianne, hul kinders en dié se beter helftes
Pieter en Colene, Gretha en Cassie asook
hul ander dogter Rinda wat met ‘n boer van
die omgewing, Willem du Plessis, getroud is,
se boerdery is op die regte pad. En met agt
kleinkinders is hierdie boerdery se toekoms
ook in goeie hande en het hulle geen planne
om te vlug nie.
14
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018
Pieter Ferreira
by een van hulle
John Deere
trekkers.