Senwes Scenario March - May 2021 | Page 23

tot geil , met baie sylootontwikkeling weens koel toestande en gevulde grondprofiele , en produsente staan tans bont om hierdie vinnige wingerdgroei met gepaste lowerpraktyke te bestuur .
“ In hierdie vroeë stadium vertoon wingerde se groeikrag , trosgetalle en -grootte positief ,” sê Conrad . “ Indien die omgewingstoestande gunstig bly en produsente die kapasiteit het om wingerdbestuurs- praktyke tydig toe te pas , sal die bedryf waarskynlik in 2021 ʼn beter oes as in 2020 realiseer , met die uitsondering van die Oranjerivier- en die Kaapse Suidkusstreke , waar ryp , swak blom en set onderskeidelik in hierdie twee streke voorgekom het .”
WAT VAN DIE SURPLUS WYN IN DIE WYNBEDRYF ?
“ Ons is uiteraard dankbaar vir ʼn gunstige seisoen wat die belofte van uitsonderlike druif- en wyngehalte inhou ,” sê Vinpro-bestuurshoof Rico Basson . “ Die Suid-Afrikaanse wynbedryf beywer homself opnuut daarvoor om ons hoëgehalte wynaanbod teen volhoubare pryse uit te bou .”
“ In die lig van die huidige wynsurplus , asook ʼn aansienlike komponent van ongekontrakteerde wyn weens die alkoholverbod en beperkings op verkope in 2020 , tesame met die nuwe oes wat inkom , het heelwat wyndruifprodusente wel proaktief ooreenkomste met vervaardigers van druiwesapkonsentraat gesluit , om ʼn gedeelte van die 2021-oes te verwerk en daardeur ʼn mate van stabiliteit te bewerkstellig . Dit is een van die maniere waarop die bedryf homself rig en stelselmatig begin herbou na hierdie uiters uitdagende jaar .”
“ Dit gaan nog ʼn geruime tyd vir die bedryf neem om te herstel . Dit is egter bemoedigend om te sien dat die jaar-tot-datum-uitvoervolumes op dieselfde vlakke as in 2019 gehandhaaf word , terwyl plaaslike verkoopsvolumes ook oor die laaste twee maande begin herstel het , wat natuurlik goeie nuus is vir ons bedryf wat steeds onder geweldige uitdagings gebuk gaan ,” sê Rico .
Photo by Nick Fewings on Unsplash
NUUS

GUNSTIGE VOORUITSIG VIR SA KERNVRUGTE

Die Suid-Afrikaanse kernvrugtebedryf staan ongeveer R10 biljoen sterk , en verskaf werk aan meer as 27 000 mense .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Bykomend word ʼn verdere 109

000 afhanklikes ook direk deur die sukses van dié bedryf geraak . Om dié rede is die goeie produksievooruitsigte vir appels en pere goeie nuus .
APPELS
Die verwagting is dat produksie vanjaar , vir die derde agtereenvolgende jaar , sal groei . Dié groei kan toegeskryf word aan nuwe bome wat in produksie kom , goeie groeitoestande , genoegsame water in die verbouingsareas en die bekendstelling van lae-koue variëteite . Gevolglik sal produksie van 18 000 ton tot ʼn rekord van 960 000 ton toeneem . ʼn Geskatte 510 000 ton appels is vir die uitvoermark bestem .
PERE
In terme van produksie , sal Suid-Afrika vanjaar ʼn verhoogde oes van 410 000 ton lewer . Daarbenewens sal die plantoppervlak vir die vierde agtereenvolgende jaar toeneem in ʼn poging om na die 2015- ’ 16 vlakke , wat voor die droogte gehandhaaf is , terug te keer .
Nuwe boorde vervang uitgediende boorde , terwyl effektiewe watervoorraadbestuur deurlopend toegepas word .
Die uitvoerskatting bly onveranderd op 220 000 ton .
SENWES SCENARIO | HERFS AUTUMN 2021 21