Senwes Scenario March - May 2021 | Page 22

NUUS
Tema : Oestyd

BLINK JAAR WINK

VIR SA WYNDRUIWE

Die eerste oesskatting van die Suid-Afrikaanse wynbedryf dui op ʼn belowende 2021-wyndruifoes . Volgens die bedryfsliggame van die Suid-Afrikaanse Wynbedryfinligting en -Stelsels ( SAWIS ) en Vinpro , is wynmakers en wingerdboukundiges positief oor die gehalte van dié oes .

In hierdie vroeë stadium word ʼn

oesgrootte van ongeveer 1,3 miljoen ton beraam , wat in lyn is met die 2020- oes . “ Die Desember-beraming is die eerste van vier oesskattings wat jaarliks uitgevoer word ,” sê Conrad Schutte , bestuurder van Vinpro se konsultasiediensafdeling . “ Indien die res van die groei- en rypwordingsfase glad verloop , kan die oes moontlik selfs ietwat groter as in 2020 wees , maar steeds laer as die afgelope tien jaar se gemiddelde oes .”
GOEIE REËNVAL HELP DIE WYNBED- RYF
Annette Willemse Kommunikasiespesialis
Goeie reënval gedurende die wintermaande het oor die algemeen in die Wes-Kaap voorgekom en damvlakke het goed gestyg . “ Aan die begin van die groeiseisoen , middel September 2020 , was die damme gesamentlik 98 % vol – ʼn groot verbetering op die afgelope twee jaar ,” sê Conrad .
Die Clanwilliamdam , wat ʼn besproeiingsbron vir die Olifantsrivierstreek is , staan tans op 90 % teenoor 76 % in 2019 . In hierdie stadium is water nie ʼn probleem in die Oranjerivierstreek nie en grondprofiele is redelik versadig , maar die riviervlak is aansienlik laer as verlede jaar dieselfde tyd .
Die Klein Karoo het vanjaar beter watervoorsiening as teen die einde van 2019 , maar word steeds erg deur die voortslepende droogte geraak , wat verdere reënval uit die suidooste onontbeerlik maak vir die streek om ʼn goeie oes te realiseer . In die Robertsonstreek kry meeste produsente hul water uit die Brandvleidam , wat voller is as verlede jaar , en die vooruitsig lyk ook meer rooskleurig vir produsente wat van bergafloopwater afhanklik is .
YSIGE LENTE VERTRAAG GROEI
Die lente was meestal deur nat en koue toestande gekenmerk , wat tot vertraagde groei en uitdagings in terme van siektebeheer gelei het .
Sneeu was byvoorbeeld tot einde September op die pieke van die
Matroosberge sigbaar . “ Alhoewel dit homogeen voorgekom het , was beide bot en aanvanklike groei vertraag weens hierdie laer temperature ,” sê Conrad . Veral teen die kusstreek het natter toestande die tydsberekening van siektebeheer uitdagend gemaak .
Beperkte rypskade het gedurende hierdie tyd in die besproeiingsareas voorgekom , maar grootskaalse rypskade langs die laagliggende dele van die Oranjerivier sal na verwagting ʼn noemenswaardige effek op die oes hê .
Blom en set was oor die algemeen goed en egalig , met enkele uitsonderings waar laer temperature hierdie fase uitgerek het , tesame met waarneembare ongelykhede . “ Die kusstreek is aan die einde van Oktober deur stormsterk winde gepeper , maar weens die vroeë stadium van wingerdontwikkeling , was skade gelukkig beperk ,” sê Conrad .
WINGERDE HAAL NOU IN
Teen die einde van Oktober en begin November het wingerdgroei vinnig ingehaal in terme van lootlengte en blaargroei . Groeikrag is op hierdie stadium gemiddeld
20
SENWES SCENARIO | HERFS AUTUMN 2021