Senwes Scenario March - May 2021 | Page 21

Tema : Oestyd
LANDBOUKUNDIG

WEES OP DIE

UITKYK VIR

HERFSKOMMANDOWURMS

Die Departement van Landbou , Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling maan produsente en landbouorganisasies om op die uitkyk te wees vir die voorkoms van herfskommandowurms , veral na die goeie reënval wat in groot dele van die land ontvang is .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Alhoewel hierdie wurm meestal

mielieplante aanval , kom dit ook soms voor in katoen , koring , sorghum , sojabone , aartappels en grondbone . Dié indringerplaag moet so gou as moontlik geïdentifiseer word ten einde ʼn effektiewe bestrydingsprogram in plek te stel en daarom is dit belangrik dat moniterings- en aanmeldingspogings in hierdie verband opgeskerp word .
Volgens die departement se woordvoerder , Reggie Ngcobo , moet daar veral gelet word op die voorkoms van eierpakkies , blaarskade en ruspes . In geval van motte kan ʼn lokmiddel as ʼn vroeë waarskuwing vir die teenwoordigheid van die plaag dien .
Vir meer inligting oor die landbouchemiese beheer van die plaag , beleidsdokumente en nuttige skakels , raadpleeg www . dalrrd . gov . za / News-room / Media-release / Fallarmy
SENWES SCENARIO | HERFS AUTUMN 2021 19