Senwes Scenario March - May 2021 | Page 24

NUUS

SAMBREELPROJEK

BIED UITKOMS IN TYE VAN NOOD

Rampe en teenspoed hou nie kantoorure nie , dit vra nie uit oor jou straatadres óf hoe groot jou bankbalans is nie .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Inteendeel , dit gebeur dikwels sonder

waarskuwing en as dit gebeur , raak dit almal van ons – meer nog as dit die bedrywighede van die landbouwaardeketting bedreig .
Met dié realiteit in gedagte is die Senwes Groep van maatskappye verbind tot die volgehoue ondersteuning van klante en gemeenskappe wat gebuk gaan onder uitdagings soos onder meer die onlangse vloede in die Wes-Vrystaat , die vernietigende veldbrande in die Vrystaat en die Noord-Kaap en die voortslepende droogte in die Karoo . Dié ondersteuning is egter nie net tot natuurrampe beperk nie - hiervan getuig die Covid-19-noodlenigingswerk wat die groep reeds sedert Mei 2020 doen .
AVC RELIEF UMBRELLA-PROJEK
Hulpverlening vind plaas onder die vaandel van die AVC Relief Umbrellaprojek en volgens Francois Strydom , Groep Hoof Uitvoerende Beampte , het dié projek dit ten doel om mense met hulp én hoop by te staan . “ Om ʼn verskil in mense se lewens te maak , is die hoogste eer ,” sê Strydom en verduidelik dat die groep ʼn klantgerigte besigheidsfilosofie lééf .
Die projek , wat in Mei 2020 geloods is , is juis so ontwerp dat dit noodleniging aan kwesbare gemeenskappe op verskillende vlakke kan fasiliteer . Tot dusver is hulp tydens die volgende gebeurlikhede verleen : Covid-19-pandemie , Brandhulp , Droogtehulp en Vloedhulp . Lees meer hieroor .
22
SENWES SCENARIO | HERFS AUTUMN 2021