Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 25

LANDBOUKUNDIG 80 69.9 70 63.2 60 50 49.6 40 40 30 22.7 20 0 13.2 12.2 10 2.6 Suid- Amerika Noord- Amerika Australië en Nieu-Seeland 2008/09 Asië 1.6 2.5 Europa 0.5 2.7 Afrika 2015/16 Figuur 1: Globale toename in bewarings­landbougewasarea tussen 2008/09 en 2015/16. (MIR, 2018) prakties nie. Monique Barbut, uitvoerende sekretaris van die Verenigde Nasies Konvensie, is van mening dat indien die inwoners van Afrika suid van die Sahara, insluitend Suid- Afrikaners, grond- en waterbestuur op slegs ’n kwart van die 300 miljoen hektaar bestaande landbougrond kan verbeter, kan voedsel- en veselproduksie van hier­ die lande verhoog word met ’n ongeloof- like 50%. Sy voer verder aan dat te veel bewaringslandbou-ingestelde produsente slegs een metode, soos geenbewerking, gebruik om hul gronde te herstel en vol- houbaar te boer. Hierdie boere moet ook ander metodes implementeer om volhou- bare landbou holisties te bevorder. Wêreldwyd, sedert 2008/09, het die landbougewasarea met ongeveer 68% toegeneem en sedert 2013/14 met ongeveer 15% (Figuur 1). In 2015/16 het bewaringslandbou ongeveer 180 miljoen hektaar beslaan, of 12,5% van die totale wêreldwye jaarlikse oesland. Die persen- tasie graanboere wat bewaringslandbou in Suid-Afrika beoefen, is persentasiegewys soos volg: Wes-Kaap (80%), Kwazulu- Natal (70%), Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga (maksimum 20% elk). Daar bestaan ’n groot geleentheid en behoefte om bewaringslandbou in Suid-Afrika uit te brei. Slegs 15% tot 20% van kommersiële graanboere en 5% van kleinboere in Suid-Afrika het bewarings­ landbou aangeneem (WWF 2018). Die belangrikste groentegnologiegeleentheid in bewaringslandbou sluit die plaaslike vervaardiging en verkoop van bewarings­ landboumasjinerie in, wat tans meestal ingevoer word na Suid-Afrika. Die geraam­ de beskikbare markgeleentheid vir be­­ waringslandboumasjinerie in Suid-Afrika wissel tussen R136 miljoen tot R747 mil­ joen. Adviesdiensverskaffers bied verdere opkomende geleenthede in dekgewasse, aangesien dit wêreldwyd ’n belangrike rol in die produksie van droëlandgewasse speel, veral in droë en semi-droë gebiede. Inisiatiewe vir bewaringslandbou in Suid-Afrika word suksesvol gedryf deur plaaslike bewaringslandbouboer­dery­ groepe soos die “No-Till”-klub in Kwazulu- Natal, Bewaringslandbou Wes-Kaap en die Ottosdal “No-Till”-klub in Noordwes. Daar is ook ’n beduidende hoeveelheid beleggings in bewaringslandbounavor­ sing deur die Mielietrust, Graan SA, die Landbounavorsingsraad (LNR) en verskeie ander belanghebbendes. Die positiewe omgewingsimpak van bewaringslandbou kan nie geïgnoreer word nie. Die koolstofbepaling van ver- minderde bewerking op 20% van SA se bewerkte landbougebiede is ongeveer 1,2 miljoen ton CO 2 e (WWF 2018). As daar bewys kan word dat bewarings­ landboupraktyke ’n beduidende hoeveel­ heid koolstof kan sekwestreer, kan dit die saak vir boere versterk om tot meer volhoubare praktyke om te skakel, aan- gesien geleenthede soos die kompen- sasie van koolstofkrediete ontstaan. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) het in 2017 ’n konsep­ beleid vir bewaringslandbou vrygestel wat beleidsteunmaatreëls identifiseer om die aanneming van bewaringslandbou te be­vorder, insluitend finansiële aanspo­ rings. Twee onlangse innoverende finan- sieringsinstrumente het ook die potensiaal om die aanneming van bewaringslandbou in Suid-Afrika te ondersteun. Die Suid- Afrikaanse Bankwese Assosiasie (BASA) en sy kommersiële banklede werk saam met DAFF aan ’n gemengde finansierings­ instrument wat die bevordering van natuur­ like hulpbronbestuur insluit. ’n Kredietlyn van die Europese Beleggingsbank aan die Land Bank wat onlangs goedgekeur is, bevat ’n gedeelte krediet wat vir klimaats­ intelligente landbou geoormerk is. ’n Gesamentlike poging moet aange- wend word om die huidige beperkinge vir bewaringslandbou in Suid-Afrika aan te spreek. ’n Gebrek aan kennis rakende die belangrikheid van die implementering van al drie die aspekte van bewarings­ land­bou, naamlik minimum grondversteu­ ring, permanente grondbedekking, en wissel­verbouing moet aangespreek word. Die gebrek aan geskikte masjinerie vir plaaslike toestande (bv. klipperige grond), ’n vertraging tussen belegging en die realisering van finansiële opbrengste deur verbeterde opbrengste (relatief lang opbrengs op belegging van ongeveer 6 jaar), sowel as die hoë kapitaalkoste benodig vir toerusting en ’n nie-onder- steunende beleidsomgewing, moet ook aangespreek word. Die bereiking van voedselsekerheid bly sentraal in verskeie nasionale en streeks­ programme en -beleide in Suider-Afrika. Bewaringslandbou is ’n innoverende manier om landbou-ekosisteme te be­­ stuur om hoër, volgehoue produktiwiteit, ​​ verhoogde winste en voedselsekerheid te bewerkstellig, terwyl dit die natuurlike omgewing verbeter. Aangesien die meer- derheid van die bevolking in Suider-Afrika afhanklik is van landbou vir hul lewens- bestaan, moet tegnologiese opsies wat landbouproduktiwiteit verhoog en boere kan ondersteun om die negatiewe gevolge van klimaatsverwante en ander beperkinge teen te werk, bevorder word. SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020 23