LANDBOUKUNDIG
Bewaringslandbou
'n Innoverende oplossing
vir aardverwarming
Bewaringslandbou word as ’n volhoubare landboumetode bepleit om grondgesondheid te
verbeter en oesopbrengste en voedselsekerheid te verhoog, terwyl insetkoste verlaag word.
Yolandi Schoeman
Ekologiese Ingenieurswese:
Navorsingsinstituut
O
plossings vir bewaringslandbou
bied groeiende geleenthede vir
beleggers en ondernemings en
is tans in ’n groeifase, saam met ander
landbouverwante markgeleenthede soos
hernubare energie en presisieboerdery.
Die belangrikste markdrywers vir bewa
ringslandbou is klimaatsaanpassing en
waterrisikoverlaging. In Suid-Afrika, ’n land
wat gekenmerk word deur lae reënval,
beperkte landbougrond en ’n groot klein-
boerderygemeenskap, is bewarings
landbou noodsaaklik. Waterskaarste is
wêreldwyd ’n groot bron van kommer, ook
in waterskaars Suid-Afrika. Boonop dra
22
die wanbestuur van ons in Suid-Afrika se
gronde daartoe by dat waterafloop waar-
devolle grond daarmee saamneem.
Daarbenewens is twee derdes van die
lande in Afrika se grond reeds tot ’n mate
gedegradeer, wat in totaal ongeveer 485
miljoen Afrika-inwoners raak. Volgens
dr Aubrey Venter, ’n bekende in land-
boukringe en voormalige direkteur van
die destydse Transvaalse streek van die
Departement van Landbou, verloor Suid-
Afrika jaarliks ’n
geskatte 300 miljoen ton
grond weens onvolhoubare landbouprak-
tyke wat tot ernstige gronderosie lei. Dit is
gelykstaande aan 10 miljoen volgelaaide
30-ton vragmotors. In sommige gevalle is
hierdie verliese vier keer vinniger as wat
die geaffekteerde grond deur natuurlike
prosesse vervang kan word. Ongeveer
SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020
twee miljoen hektaar gewasland op die
Suid-Afrikaanse Hoëveld is onderworpe
aan ernstige winderosie. Hierdie gronde
verloor tussen 20 ton per hektaar per jaar
en 60 ton per hektaar per jaar fynmateriaal
vanaf hul oppervlaktes, sowel as groot
volumes organiese materiaal en stikstof.
Sestig persent van SA gronde bevat reeds
baie lae organiese materiaal.
Die verlies van landbougrond deur
erosie bly uiters kommerwekkend, aange
sien slegs 13% van Suid-Afrika geskik is
vir gewasproduksie. Hiervan word slegs
3% as hoë potensiaal gewaslande bewerk.
Dit is ook kommerwekkend dat die land
se groot damme vinnig besig is om op te
slik as gevolg van gronderosie. Ons kan
nie voortgaan om nuwe damme te bou
nie – dit is buitengewoon duur en nie altyd