Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 26

LANDBOUKUNDIG Organiese materiaal, Humiensuur en Fulviensuur Alles begin en eindig met koolstof: “Carbon is the energy currency of soil.” (Dr. Kris Nichols; Rodale Institute). ’n Tekort aan koolstof in die grond sal gewasopbrengs onder druk plaas ten spyte van toenemende hoeveelhede kunsmis.  Petrus van Staden Senwes Senior Grondkundige Frieda Marx Senwes Grondkundige D ie basiese produksiesiklus is saai, ontkieming, noukeurige versorging en oes. Wat nie na die mark of silo toe weggery is nie, gaan terug grond toe waar dit afgebreek word deur minera­ lisasie en mikrobes vir beskikbaarstelling aan die volgende gewassiklus. Hierdie eenvoudige skets bevat komplekse che- miese, fisiese en biologiese interaktiewe 24 reaksies waar koolstof ’n kernrol speel. Die feit dat koolstof naas water die belangrik- ste voedingstof is, word nie altyd in litera­ tuur oor plantvoeding vermeld nie. Organiese materiaal verwys na lewende organismes, reste in verskillende stadia van ontbinding en donker gekleurde humus. Ontbinding van organiese mate- riaal hang af van die hoeveelheid beskik- bare suurstof, die hoeveelheid vog en die temperatuur in die grond. Humus word beskou as een van die belangrikste faktore in enige grond. Dit het ’n baie stabiele kompleks van koolstof (C) SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020 verbindings wat nie maklik onder natuur- like toestande afbreek nie. Humus bestaan uit ’n mengsel van organiese stowwe wat as humiese sowel as nie-humiese stowwe geklassifiseer word. WAT IS HUMIESE STOWWE? Soos alles op die planeet, begin en eindig humiese stowwe by koolstof. Die basiese boustene is eenvoudige koolstof-koolstof (C-C) of koolstof-suurstof (C-O) verbin­ dings. Die kompleksiteit van koolstof lê in die unieke eienskap daarvan om vanself te verander deur aan ander langer of korter 26