Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 37
PERSPECTIVE | PERSPEKTIEF
jouself. Dit is egter te onwaarskynlik om
waar te wees. Dink aan hierdie eenvoudige
multikeuse vraag: Waar begin dit? A – met
jouself of B – dit begin met een van die 7,7
miljard mense ter wêreld. Wat is die mees
korrekte antwoord? Dit is nie te sê dit kan
nie met jouself begin nie, maar dit is baie
onwaarskynlik.
Glo-in-jouself-beginsel - Dit is nie goeie
advies of korrekte wiskunde nie. Sukses is
kollektief.
Die raad aan boere hier is om die toe-
koms te ontwerp, buite boerdery te kyk.
Dink oor boerdery, deel dit op in dele met
nuwe denke rakende die inhoud (waaroor
dink jy?), metodes (hoe?) en die vlak van
denke (operasioneel of strategies). Dink
hieroor - dit is onwaarskynlik dat ontwrig-
ting van binne boerdery self gaan kom.
Wat is die vierde industriële revolusie?
Daar was industriële revolusies soos water/
stoom, elektrisiteit en rekenaars. Basies
verander die bedryfstelsel van die industrie
tydens die vierde industriële revolusie. In
kort het toestelle gesprekke met mekaar,
sonder jou. Toestelle gesels dat die biesies
bewe, wat ook as die Internet van Dinge
bekend staan. Hier is die lyn tussen wat ’n
mense en masjien is, besig om te vervaag.
Hoe verander dinge in die vierdie
industriële revolusie?
Neem dié voorbeelde: Is dit ’n belediging
of kompliment? Dis jou verbeelding! In die
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020
36
35