Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 36
PERSPEKTIEF | PERSPECTIVE
Tyd vir verandering
Dink jy na oor die
toekoms?
In landbou staan ons vroegdag op met ‘n lang lys goed om af te handel voor die son sak.
Maar dink ons meer en meer of oor en oor oor die toekoms? Ons het by die Agri SA
Kongres gaan luister hoe Morné Mostert, Direkteur: Instituut vir Toekomsnavorsing by
Stellenbosch Universiteit, die toekoms sien en die produsente bietjie toekoms-touwys
gemaak het.
Deur Aubrey Kruger
Senwes Senior Joernalis
TOEKOMS IS ’N SNAAKSE DING
H
y val sommer met die deur in die
huis met die kompleksiteit van die
toekoms, met spesifieke verwysing
na die impak van die vierde industriële
revolusie, die tema by die 2019 Agri SA
Kongres.
Feit is dat nie slegs hulle nie, maar
almal moet nadink oor die toekoms raken
de die aard van denke, toekoms en hoe dit
verskil van die hede of verlede. Die kruks
is dat die manier waarop ons dink, vinnig
verander en dit het ernstige implikasies vir
besluitneming deur senior personeel. Dis
presies waar die boer of besigheidsboer
inkom.
Twee waarhede en vrae oor
besluite vir die toekoms
Wanneer word besluite geneem?
Besluite word altyd in die huidige tyd
geneem, selfs al is dit môre of gister.
Die tweede waarheid: Waarop baseer jy
die besluit? Meestal op die verlede.
Hierdie vorm die basis van Mostert se toe-
komswetenskap, want die verlede is geba
seer op ’n tyd wat ons nooit weer gaan
34
besoek nie. Die ekstra skop is wanneer jy
uiteindelik besef vir watter tyd die besluit
geneem word, die toekoms. Die manier
hoe ons besluite vir die toekoms neem,
behels ’n klomp faktore rakende denke en
die kwaliteit van denke. kennis wat jy reeds het en dus doen jy dit
uit gewoonte, sonder om eers daaroor na
te dink. Jy aanvaar dit net. Dit beteken jy
dink, maar tog dink jy nie regtig nie, want
jy kopieer net uitgedateerde denke.
DIE MODUS OPERANDI VAN DENKE
Die duimreël hier is om die mag van ’n
vraag te verstaan. As jy vra begin jy onder-
soekend dink, dan begin die toekoms te
verander. Indien jy nie vrae vra nie, eindig
jy op in iemand anders se toekoms. Hoe verander jy jou denktyd?
Media druk sake in jou rigting, selfs buite
jou vakgebied. Dink dus buite jou eie
bedryf en teen wie jy gaan kompeteer. Feit
is dat organisasies wat konstant na die
toekoms kyk, ander uitpresteer. Hoe doen
jy dit? Bou tyd in jou skedule in om oor die
toekoms te dink - onthou 50%. Is jy daar?
Hoe spandeer jy jou intellektuele
denkenergie?
Nou dat Morné jou aandag het – hoe span-
deer jy jou intellektuele energie? Die skok!
Jy moet slegs 20% van jou intellektuele
energie op die verlede spandeer, 30%
op die hede en ’n massiewe 50% op die
toekoms, dus die helfte op wat nog nie
gebeur het nie.
Die Opatch-beginsel van denke
Opatch is ’n belangrike akroniem vir
Mostert, wat staan vir Origin-Patterns-
Attitudes-Traditions-Cultures-Habits oftewel
Oorsprong, Patrone, Houding, Tradisies,
Kulture en Gewoontes in Afrikaans. Dit
gaan daaroor om iets te doen met die
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020
TOEKOMS, BEGINSELS EN DIE VIERDE
INDUSTRIËLE REVOLUSIE
Beplan en moenie oor die toekoms bekom-
merd wees nie.
Die eerste beginsel oor die toekoms is
dat jy nie die toekoms kan voorspel nie.
Hier het jy die gemak dat jy die toekoms
kan ontwerp en die uitdaging dat indien jy
dit nie gaan doen nie, gaan iemand anders
dit doen.
Die Cremora-beginsel – Dit is nie binne-
in te vinde nie, maar eerder bo-op. Kyk
eerder buite jou plaas, besigheid en land,
want mens kry nie buitelandese investering
van binne af nie.
Oprah-beginsel – Alles begin binne