Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 35

AREA FOCUS | AREAFOKUS Ken jy KLK se bedryfspunte? In die vorige uitgawe van die Senwes Scenario is daar by die Senwes groep HUB, Francois Strydom aangeklop, wat die impak en strategie agter die KLK- transaksie verduidelik het. In dié uitgawe fokus ons oorhoofs op waar die 54 bedryfspunte van die landboumaatskappy geposisioneer is. gemiddelde spoed met meer as 15 fps verskil, kan jou groepering van jou oor- spronklike groepering verskil. Aangesien ons nou lekker warm tem- perature het, was dit maklik om op die baan te gaan kyk watse uitwerking tem- peratuur op my spoed en groepering het. Ek het twee verskillende 308-kaliber gew- ere gebruik om te toets of temperatuur wel my spoed beïnvloed. Ek het ammuni­sie vir 10 minute in die vrieskas gesit en ammu- nisie in ’n toe voertuig gelos vir 10 minute. Ek het ook ammunisie in die geweer se sak gesit in ’n gewone houer, om te geb- ruik as die norm vir die toetse. Die ladings bo-aan die tabel op bl 32 is gebruik in die twee toetsgewere. Die data wys vir ons duidelik dat slegs 10 minute se blootstelling aan ’n hoë of lae temperatuur ’n effek op die gemiddelde spoed het. Meer belangrik is dat die ver- skil in gemiddelde spoed ook ’n verskil in die groeperingsgrootte het. Alhoewel die gemiddelde spoed met wapen 2 slegs 16 fps is, verskil die groeperingsgrootte met 12 mm. Nog ’n waarneming uit die spoedtoetse is dat geweer 2 se gemiddelde afwy­king kleiner is as die afwyking van geweer 1. Geweer 2 se lading is 4 gr meer as geweer 1 se lading. Geweer 2 se dop het dus meer kruit in en minder plek vir lug as geweer 1 se dop. Is dit dus die lug binne- in die dop, of die kruit self, wat hittesensi­ tief is en die verskil in spoed tot gevolg het? Wees dus versigtig waar jy jou ammu- nisie bêre voor daardie belangrike skoot op die trofeebok. Lê jou ammunisie voor in die voertuig in die son, of word dit in ’n houtkis- sie weg van direkte son af gebêre? KLK IN ’N NEUTEDOP KLK lewer finansiële dienste vanuit: 2 x versekeringstakke 1 x mediese hulpskemakantoor 1 x kredietverleningskantoor KLK doen verder insetverskaffing deur: 19 x handelstakke 4 x Build It-takke 3 x abattoirs 1 x voerkraal 5 x veilingspunte 1 x lewendehawe- en vleiskantoor 1 x rosyneverwerkings- en uitvoer- aanleg KLK se hoofkantoor is gesetel in Upington in die Noord-Kaap met 17 bedryfspunte in die dorp: Handelstak met brandstofpunt Build It-tak Veilingspunt Kredietverleningskantoor 3 x rybane Voerkraal Abattoir 2 x motorhandelaars met werkswinkels Tweedehandse motorhandelaar KLK Petroleum (groothandel­ verspreiding) Versekeringstak Mediese hulpskemakantoor Lewendehawe- en vleiskantoor Rosyneverwerkings- en uitvoer- aanleg (Carpe Diem Raisins) 11 x rybane: kleinhandelbrandstof • 8 x KLK-rybane • 2 x Engen-rybane • 1 x Total-rybaan 1 x KLK petroleumverspreider: groothandelbrandstof 3 x motorhandelaars • Nissan en Datsun met werkswinkel • Isuzu en Renault met werkswinkels • Tweedehandse motorhandelaar (KLK Auto) 1 x velle en huide verwerkings- en uitvoeraanleg Calvinia het 5 bedryfspunte, wat ’n handels­ tak en brandstofpunt, twee rybane, ’n abattoir en ’n versekerings­tak insluit. In Olifantshoek het KLK ’n handelstak en brandstofpunt, ’n rybaan asook ’n veilings­ punt. Kuruman en Postmasburg het byko- mend tot die handelstak en brandstofpunt, ook veilingspunte en elk ’n Build It-tak. In Brandvlei, Groblershoop, Kakamas, Keimoes en Pofadder is daar beide ’n han- delstak en brandstofpunt, sowel as rybane. KLK het ’n handelstak en brandstofpunt in Askham, Daniëlskuil, Dibeng, Hotazel, Kenhardt, Nieuwoudtville, Noenieput en Rietfontein. In Vanzylsrus is daar ’n handels­ tak en brandstofpunt, sowel as ’n veilingspunt en in Carnarvon ’n abattoir. Kathu spog met ’n Build It-tak. KLK het in City Deep in Johannes­burg, Gauteng, ’n velle- en huideverwerkings- en uitvoeraanleg. SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 33