Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 34
JAG | HUNTING
Eksterne temperatuur
se effek op ’n geweer se groepering
Verskeie faktore het ’n effek op die groeperings wat jy met jou geweer kan skiet. In vorige
artikels het ons gesien dat ammunisie se spoed en patroonlengte nie noodwendig ’n
groepering tot gevolg sal hê nie. In hierdie uitgawe ondersoek ons die effek van eksterne
temperatuur op ’n geweer se groepering.
Deur Jan-Lodewyk Serfontein
Jag- en wapenkenner
I
n die vorige 2 artikels het ons gesien
dat indien ’n geweer se ammunisie
’n konstante spoed skiet, dit nie
noodwendig ’n goeie groepering tot
gevolg het nie. Tweedens het ons gesien
dat die konstante spoed gebruik kan
word om jou ammunisie akkuraat te kry
deur die totale patroonlengte aan te pas.
Indien jy die gewenste lading met ’n kon-
stante spoed het, met ’n gewenste totale
patroonlengte, kan ’n geweer baie klein
groeperings skiet. Hoekom kan die kom-
binasie wat as perfek beskou word, dan
vir ons ’n paar maande later moedeloos
maak wat groepering aanbetref?
Sodra ’n geweer nie meer die grootte
groepering skiet wat ons aan gewoond is
nie, begin ons by die algemene moontlik
hede. Die teleskoop is dalk los. Is die
geweer se loop reg skoongemaak? Is die
geweer se kolf nie dalk los nie? En so
begin al die vrae in ons kop rondmaal.
Geweer 1
Howa 308 24-duim loop
165 gr Ballistix Huntac koeëls.
44.5 gr S341
Kort voor lank is ons die rede vir die
ongewenste groepering as gevolg van al
die onbeantwoorde vrae. Maar het jy al
gekyk of jou geweer nog steeds dieselfde
spoed skiet met die uitgewerkte lading
van ’n paar maande gelede?
Indien herlaaiers ’n gewenste spoed
vir hulle geweer soek, wil hulle graag hê
dat drie skote se spoed met nie meer
as 15 fps van mekaar verskil nie. Net so
werk skuts daaraan dat hulle gemiddelde
spoed op verskillende dae nie meer as
15 fps van mekaar verskil nie. Indien jou
Geweer 2
Howa 308 24-duim loop
155 gr Nosler Custom Competition koeëls
48.5 gr S341
Die spoed wat die twee wapens geskiet het met die verskillende ammunisie, was as volg.
Gemiddelde
spoed Groeperinggrootte
2606 fps 32 mm
Ammunisie in geweersak 2611 fps Ammunisie in voertuig 2656 fps 50 fps
Wapen 1
Ammunisie in vrieskas
Afwyking tussen min en maks
32
Gemiddelde
spoed Groeperinggrootte
Ammunisie in vrieskas 2829 fps 32 mm
25 mm Ammunisie in geweersak 2832 fps 28 mm
28 mm Ammunisie in voertuig 2845 fps 40 mm
7 mm Afwyking tussen min en maks 16 fps 12 mm
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020
Wapen 1