Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 33
AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG
kan weer plaasvind. Die grootste nadeel
is egter die dood van die mikrobes.
Omdat grondmikrobes hoofsaaklik uit
koolstof bestaan, bind daar suurstof aan
die dooie mikrobekoolstof en vorm CO 2
wat vlugtig is en in die lug verdwyn. Hier
die vervlugtiging is die grootste verlies
van grondkoolstof in Suid-Afrikaanse
landbou.
die grond lok en vermeerder verskillende
tipes grondmikrobes. Dit skep dan ’n
omgewing met ’n beter balans tussen ver-
skillende tipes grondlewe. Die gevolg is
dat ‘n situasie ontstaan waar die gewens
te mikrobes die ongewenste mikrobes laat
verminder. Laasgenoemde kan ook help
om sekere probleme soos aalwurm aan te
spreek.
Minimale grondversteuring
Wanneer enige wortels of gedeeltes van
wortels afsterf na beweiding of aan die
einde van die groeiseisoen, vorm daar
lugkanale in die grond wat deurlugting
veroorsaak en ook die grond se vogin-
dringingsvermoë baie verhoog. Dit is
bekend dat daar aerobiese en anaero
biese mikrobes in die grond voorkom
en sodra grond byvoorbeeld geploeg
word, beland die verskillende mikrobes
in ongunstige suurstofvlakke en gaan
dood. Verder word al die lugkanale en
grondstrukture wat gevorm is, deur die
ploegaksie verbreek en grondverdigting
Implementering van ’n veefaktor
Daar is ’n balans tussen bogrondse
plantmassa en die hoeveelheid onder-
grondse wortels van plante. Sodra diere
van die bogrondse blare en stingels vreet,
verklein die fabriek wat die suikers moet
produseer en sterf daar van die fyner en
swakker wortels onder die grond af omdat
daar nie genoeg energie beskikbaar is
nie. Sodra daar weer nuwe blare gevorm
word, groei daar weer nuwe wortels en so
gaan die proses aan. Hierdie wortels wat
afsterf, bestaan ook uit koolstof en is deel
van die grondkoolstofopbouproses in die
grond. Diere wat dekgewasaanplantings
bewei, versnel dus die hele grondkoolstof-
proses onder die grond, maar help ook
met die afbreek van enige plantreste wat
bo die grond beskikbaar is deur die dier
se spysverteringskanaal, tot ‘n medium
wat dan baie makliker afbreekbaar is vir
die grondmikrobes.
Dekgewasmengsels moet oordeelkundig
saamgestel word met die klem op
grondgesondheid, maar ook om as ’n
hoë kwaliteit weiding gebruik te kan
word. Produsente kan dan hierdie aspek
gebruik om ekonomiese vergoeding vanaf
die diere terug te kry, terwyl die gronde
verbeter en opgebou word.
Agricol het die Agrilife Grazer dekge-
wasmengsels ontwikkel om aan die vol-
gende kriteria te voldoen:
• Agrilife Grazer 12 is ’n somermengsel
wat bestaan uit ’n basis van verskil-
lende voersorghums, babala, akker-
bone en ook sekere peulgewasse.
Die mengsel kan geplant word vanaf
Oktober tot Februarie.
• Agrilife Grazer 2 is ’n wintermengsel
wat bestaan uit verskillende groei
lengtes hawers, stoelrog, radyse en
ook wieke. Planttyd is vanaf Februarie
tot einde Mei.
• Agrilife Grazer 21+ is ’n gevorderde
multispesie grondopboumengsel met
21 en meer verskillende gewasse,
wat somer- en wintergewasse insluit.
Die beste planttyd vir Agrilife 21+ is
Januarie en kan weiding of bedekking
verskaf tot einde Oktober. Hierdie
mengsel is ideaal om te gebruik by
oorlêlande.
Deur die drie hoofgroepe plantspesies
te gebruik, naamlik grasagtige tipes,
knolgewasse en ook peulgewasse, word
grondgesondheid baie vinniger verbeter.
Die kombinasie verskaf ook ‘n baie hoë
kwaliteit weiding vir vee.
Onoordeelkundige samestelling van
mengsels kan maklik plaasvind as daar
nie van die verskillende gewaseienskappe
in ag geneem word nie, soos: plantdigt
heid, planthoogte, groeiwyse, groeitempo,
kompetisie, ligbehoefte, sinergisme, alle-
lopatie en duplisering en dit kan veroor
saak dat die regte resultate nie verkry
word nie en boere mag die gevoel kry dat
dit nie werk nie. Verder is dit ook belang
rik dat die produk steeds bekostigbaar
moet wees.
Die grootste uitdaging van die aanplant
van dekgewasmengsels is die beskik-
baarheid van ideale grondvog en ook die
feit dat grondvog opgegaar moet word
vir die volgende graangewas. Deur die
hoogte van die dekgewas te beheer met
beweiding, sal die waterverbruik van die
dekgewas verlaag word, maar dit moet op
so ’n manier gedoen word dat die gron-
doppervlak nie te veel blootgestel word
en verdamping weer verhoog nie. Omdat
die grond se waterhouvermoë verdubbel
met elke 0.5% toename in koolstof, sal
gronde waarop die reëls van grondg-
esondheid toegepas word, later meer
water opgaar as lande wat braak lê.
Grondopbou is egter ’n lang proses en
daar is nie ’n kitsoplossing nie. Die imple-
mentering van dekgewasse is ’n stap in
die regte rigting en ook ’n oplossing vir
onderpresterende gronde.
Kontak gerus vir Dawie du Plessis by
071 852 1707 of jou naaste Agricol-agent,
of besoek die webtuiste by www.agricol.
co.za vir ’n aanbeveling in jou area.
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020
31