Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 32

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL Die rol van DEKGEWASSE in grondgesondheid Dekgewasse word deesdae onvoorwaardelik saam met woorde soos grondopbou, grond- gesondheid, volhoubare landbou asook grondherlewing of bewaringslandbou genoem. Dekgewasse vorm dus die kern of die belangrikste aspek in enige van hierdie ideologiese benaderings.  Dawie du Plessis Agricol Dekgewas Produkbestuurder D ie implementering van dekgewas­ se op ’n tradisionele saaiplaas bly egter ’n probleem by baie boere en dit verg ’n verandering in denkwyse en sekere praktyke om die proses van grondopbouing aan die gang te sit, soos om rooi braaklande te verander in dekge- wasweidings. Om by hierdie probleem verby te kom, is dit nodig om te verstaan hoe die natuur werk en wat die basiese reëls vir grondgesondheid is. Grondgesondheid is afhanklik van koolstof en hoe meer doeltreffend die koolstofsiklus in die grond kan plaasvind, hoe beter die resultate en voordele vir elke produsent. Die vinnigste groei in grondgesondheid vind plaas as die volgende reëls gevolg en gehandhaaf word:  Permanente organiese bedekking  Konstant aktief-groeiende wortels 30  Diversifisering van gewasse  Minimale grondversteuring  Implementering van ‘n veefaktor  Permanente organiese bedekking Dit het tot gevolg dat die grondtempera­ tuur daal, verdamping van vog uit die grond word verlaag, winderosie word verminder, waterafloop word vertraag en wateropname in die grond word verhoog. Hoë grondtemperature veroorsaak die afsterf van grondmikrobes en dit is waar- om die natuur sy eie grondbedekkers (onkruid en ongewenste spesies) stuur sodra die grond blootgestel word. Hierdie bedekkers is gewoonlik giftig, onsmaaklik of vol dorings om te verhoed dat die plan- te nie bewei word nie. Die grond word op hierdie manier bedek om vir meer gewens­te spesies die toestande te skep om te vestig.  Konstant aktief-groeiende wortels Plante vorm die leikanaal van gratis koolstof in die lug. Hierdie koolstof word SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 deur fotosintese in die blare gebind en word in suikervorm dan weer deur die wortels uitgeskei in ruil vir minerale en ander voedingstowwe. Die suikers be­­ staan uit ’n groot deel koolstof (C6H12O6) en dien ook as voedselbron vir grond- mikrobes. Plante en mikrobes lewe dus in simbiose met mekaar  Diversifisering van gewasse Verskillende plante lok verskillende mikrobes met behulp van die suikers wat hulle afskei, byvoorbeeld peulge- wassse teenoor grasagtige tipes. Dit is ook belangrik om wortels op verskillen- de dieptes in die grond te hê ten einde grondmikrobe-aktiwiteit soveel as moontlik te stimuleer. Laasgenoemde word verkry deur gewasse met verskillende worteltipes te plant om so effektief moontlik deur al die gronddieptes te versprei. Daar kan gekyk word na gewasse met penwortels en ander met bywortels en selfs plante met fyn vertakte wortels of dikker sywaart­ se wortels. Die verskillende wortels in