Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 27

PRODUCER FOCUS | PRODUSENTFOKUS deur die week word daar gebou aan ’n kultuur en naweke word dit afgebreek. Deur respekvol te kommunikeer en ’n veilige werks­omgewing te skep, bewys jy die teendeel. HIERDIE BRÛE LEI TOT SUKSESSE Vrydenkendheid is jou as werkgewer se redding, want die kwessie is dat probleme nie na jou toe kom in voorgeskrewe vorms en in pakkies nie. Jy het personeel nodig wat alle probleme, hoe dit ookal vertoon, die hoof kan bied. Om dit te bereik, het jy mense nodig wat vrydenkend kan wees en probleme kan oplos sonder dat reëls hulle beperk. Om respekvolle verhoudings te hê, is krities. Indien alles mooi inmekaar weef, skep jy ’n spesifieke werkskultuur waar jy as werkgewer maklik kan in- en uitbeweeg sonder dat jy die tempo of kwaliteit van werksverrigting inboet. Kommunikasie is ’n kardinale uitvloei. Probeer ’n oop kommunikasiekultuur skep. Gesels dag tot dag met jou voormanne in beheer en praat die dag deur. Ek verkies personeellede wat sê as hulle nie met my saamstem nie: “‘n Werker wat van jou verskil is die eerste teken van ’n werker wat regtig in sy werk belangstel.” Volgens Neels is ’n outo- kratiese bestuurstyl ook nie volhoubaar nie en gaan dit ook ’n beperking op jou groei plaas. Personeellede se gedrag kan met prestasiebonusse beloon word. Hulle het gevind dat personeellede wat nie prestasiebonusse ontvang het nie, se netheid om die huis nie in orde was nie. Hierdie is dieselfde mense wat sukkel om jou toerusting op jou plaas op te pas. Daar moet na die tipe ingesteldheid van mense gekyk word. Die mens wat by jou werk, gaan ’n produk wees van wat vir jou belangrik is. Jou kultuur is net ’n voortsetting van dit waarvoor jy selek- teer. So, kry ’n tipe van gemeenskap­likheid op jou plaas. Kultuur is dus slegs ’n voortsetting van jou eie voorkeure. ’n Ideale werksmag sal een wees wat selffunksionerend is, die werk goed verstaan en sake met die nodige erns opneem. LAASTE RAAD AAN BOERE As daar ’n stuk raad is wat ek kan gee, is dit konsekwent­ heid binne die wet. Dit wat vandag geld, moet môre geld en moet volgende jaar geld. Die waarheid is dat mense ook daarvan hou om ingelig rondom die reëls te wees. Tweedens, wees altyd bewus dat A-span spelers nie saam met B-span spelers werk nie - jy verloor altyd jou A-span speler. Die rede is dat hulle die gewig van die B-span spelers moet dra. Derdens, inkorporeer groeiende kommu- nikasie en respek vir mense. Raak gewoond daaraan om te vra: hoe gaan dit met jou kind? Dit is iets baie eenvoudigs wat jou niks kos nie. So bou jy ’n verhoudingsbrug uit niks. Dit alles in balans, skep ’n kultuur van wedersydse respek waar die werk kan aangaan. Kyk die video van Neels Fourie deur die skakel http://senwes.co/NeelsFourie te besoek of die QR-kode te skandeer. SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020 25