Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 26
PRODUSENTFOKUS | PRODUCER FOCUS
Bou brûe van vooruitgang
Menslike hulpbronne deel van
jou toekomsstrategie
Senwes Scenario het met produsent Neels Fourie van Schweizer-Reneke gesels oor een
van die groot vyf onderafdelings van toekomsstrategie in boerdery, naamlik menslike
hulpbronne. Hierdie onderwerp is ook by die 2019 Senwes Toekomsfokusdag bespreek,
waarvan Neels deel was. Hy het sy kennis, raad en suksesverhale met ons gedeel.
Deur Aubrey Kruger
Senwes Senior Joernalis
ARBEIDSBESTUUR IS KOMPLEKS
A
rbeidsbestuur is ingewikkeld
omdat mense wat by jou werks-
mag aansluit, baie verskillend
is. Personeellede het verskillende agter-
gronde, ervaring en toekomsverwagtinge.
Daarom is dit baie moeilik om alles in ’n
stel reëls vas te vat. Dus moet daar baie
keer op ’n persoon-tot-persoon basis
gewerk word en mense moet op meriete
hanteer word.
Die praktiese toepassing op ’n plaas is
baie moeilik, omdat jou personeel op een
dag verskillende probleme of versoeke
kan hê wat kan wissel van een met 'n dok-
tersbesoek tot ’n ander wat ’n begrafnis
wil bywoon en geld wil leen. Die probleem
wat jy in boerdery het, is multidissiplinêr.
Die probleem op ’n plaas is dat die werk
moet aangaan. Dit is prakties baie moeilik
om situasies te hanteer omdat die per-
soon wat betrokke is of oortree, die ver-
loop van die hele dag belemmer.
Uitdagings van die bestuur van
’n arbeidsmag
Die vernaamste uitdagings van die be
stuur van ’n arbeidsmag kan opgedeel
word in die wetlike aspekte, soos vorms
wat deur die wet vereis word, die reëls
en regulasies wat die werkgewer verwag,
24
asook die menslikheidsfaktor van arbeids-
bestuur. Die punte som die werksituasie
presies op waar die wet, werkgewer en
personeel in harmonie moet saamwerk.
Neels verklaar dit so: “Jy wil nooit met
’n situasie sit waar die een gedeelte die
ander gedeelte versmoor nie. Word so
’n situasie van versmoring vermy, kan
daar soveel meer bereik word, want jy wil
steeds hê ’n individu moet kan uitstyg, jy
wil steeds ’n leier kan identifiseer en jy wil
steeds vrydenkendheid hê”.
ONTWIKKELING VAN PERSONEEL
Ken jou personeel en hulle behoeftes
Onthou altyd, ’n werker se grootste moti-
vering sal altyd vergoeding wees. Ons
kan dit in tasbare vergoeding, nie-tasbare
vergoeding en menslike welsynsvergoe
ding opdeel. Omdat hierdie motivering so
belangrik is, skryf alles op wat deur die
maand gebeur, sodat jy met ’n lonepro-
gram in ’n salarisstrokievorm presies vir
jou personeel kan uitwys wat hul loon is
met presiese aftrekkings ten opsigte van
ongeskiktheid, aftreefonds, spaarplan,
afwesigheid by die werksplek en ander
inligting. Die uitdaging op die plaas is
egter om alles te hanteer, saam te vat
en dan dit as verwysing te rugsteun.
En boonop gebeur dit gewoonlik lynreg
teen die daaglikse vloei van ’n dag op ’n
plaas.
Daar is ’n aanname dat alle personeel
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020
lede toegang het tot bankstate, wat nie
altyd die geval is nie. Daarom moet die
werkgewer duidelik uiteensit hoe per-
soneel vergoed word. ’n Salarisstrokie of
’n loneprogram is dus die basiese begin
van ’n goeie kommunikasiedokument.
Jy as werkgewer het beheer oor uit-
betaling van lone en salarisse en geen
beheer daarna nie. Dis waarom die
werkgewer voor die tyd gedeeltes moet
inbou vir ’n aftreefonds, verhogings wat in
aftreefondse belê word, begrafnisdekking
en ander spaarplanne.
Die menslike welsynskant is aan die
nie-tasbare kant. Hier kan die werkgewer
’n omgewing op die plaas skep wat beter
is as ander opsies daar buite. Vestig ’n
plaasskool waar jy betrokke is. Wees
bewus van plaaswerkers, hul kinders,
ensovoorts. Skep dus ’n tipe van plaas-
beursskema.
Onthou, opleiding kan ook ’n deel van
vergoeding wees. By ons plaas sorg ons
dat ’n paar werkers bestuurslisensies kry,
wat ’n vorm van opleiding en bemagtiging
is. Plaaswerk is nie ’n baie gesogte werk
nie en baie personeel streef daarna om
taxi- of trokbestuurders te word. So maak
jy dit aantreklik vir hulle om te bly.
Weet dat jou plaaswerkers ook eksterne
druk ervaar. Wees ondersteunend teenoor
mekaar, veral as personeel ondersteunend
teenoor die plaas en werkgewer is. Dit is
partymaal ’n baie moeilike situasie, want