Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 28
NUUS| NEWS
Omdraaistrategie
werp vrugte af
Senwes Scenario het ’n draai by Corné Kruger, Senwes Hoof Finansiële Beampte, gaan
maak oor wat die omdraaistrategie destyds, na die draai van die eeu, behels het, dit wat
vooraf gebeur het, die impak daarvan en die lesse wat geleer is, sowel as hoe dit die pad
vorentoe bepaal ’n paar dekades daarna, met 2020 en die toekoms om die draai.
Deur Aubrey Kruger
Senwes Senior Joernalis
KOÖPERASIEDAE KORT VOOR DIE
OMSKAKELING
T
ot ongeveer 1996 was die des-
tydse Sentraalwes Koöperasie
se sake deur die Koöperasiewet
gereguleer. Die lede van die koöperasie
was die eienaars en heelwat vergoeding-
skemas het bestaan, in terme waarvan
lede vergoed is op verskeie maniere
wanneer hulle met die koöperasie handel
gedryf het. Die koöperasies het vanaf
een basis met die mark handel gedryf en
26
kon ook hul kollektiewe bedingingsmag
gebruik om namens hul lede insetmiddele
en produkte aan te skaf en dit aan hul
lede en die res van die mark beskikbaar
te stel. Verder was die koöperasies ten
volle geïntegreer met en aangestel as
agente vir die onderskeie beheerrade van
sagtekommoditeite.
OMSKAKELING NA MAATSKAPPY EN
DIE GEVOLG DAARVAN
Met die koms van die vryemark en die
ontbinding van die onderskeie kommodi
teitsbeheerrade met hul eenkanaalbe-
markingstelsel, het die agentereëling met
die koöperasies verval en was dit duidelik,
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020
gegewe prysvasstelling van produkte,
maar ook weens ander risiko’s, dat die
koöperasiemodel vir hiérdie doeleindes
uitgedien was. Koöperasies het op ’n
streep hul ledebelange omgeskakel na
aandele en die mark en finansiers sou
hierdie omskakeling na vaste- of risiko-
kapitaal positief assesseer. Gevolglik
was daar heelwat aptyt van finansiers
om teen hierdie balansstate te finan-
sier. Om die geleentheid te benut en
die kapitaal te groei, het die destydse
Sentraalwes bestuur uitbreidings- en
diversifikasieaksies van stapel gestuur.
Senwes het ’n 64% belang in Kolosus
verkry, en ook belange gevestig in onder