Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 15
INNOVASIE | INNOVATION
ALLES-IN-EEN-DIENS
“Deur ’n boerdery as ’n organisasie op
“MyJohnDeere.com” te registreer, kan
Suid-Afrikaanse produsente ’n alles-in-
een-winkel met kunsmatige intelligensie
gedrewe inligting, besluitnemings- en
begeleidingsvermoëns bou wat intyds
raad bied, gegrond op hul eie plaasdata.
”John Deere weet produsente boer nie
alleen nie. Gevolglik is die More Tools-
toepassing by die Operations Center
gevoeg. More Tools bevat ’n lys van 15
derdepartyverskaffers.
Deur produsente se bestaande data te
kombineer met data van ondernemings
soos AgStudio, GeoFarm of TERRA Tools,
kry produsente ’n breër prentjie van die
landbouwêreld en -dienste.
Danksy dié datastelsel, kan elke pro-
dusent aktiwiteite beplan en bestuur,
vordering monitor en resultate ontleed
– ingelig deur akkurate verslae wat opge
stel is deur gebruik te maak van sy eie
bedryfs-, verskaffers- en diensdata.
As die produsent ’n
grondontleding-
Shapefile na een van
die grondontleders
stuur wat in die
More Tools-
toepassing op
sy Operations
Center-
platform
verskyn, kan die resultate beskikbaar
gestel word aan ’n bewerkingsbeampte
en ’n saadverskaffer. Sodra alles saam-
gevoeg en ontleed is, kan ál die gege-
wens oorgedra word na ’n produsent se
planter sodat die werktuig gelei word oor
hoe om die land ten beste te bewerk, wat-
ter saad om te plant, op watter diepte en
hoe ver uitmekaar.
Die besparing aan brandstof, tyd, saad
en verminderde verdigting wat met hierd-
ie inligting bewerkstellig kan word, asook
hoër opbrengste, gaan verander hoe
Suid-Afrikaners boer.
As gevolg van die voorafgaande
ontwikkeling wat reeds in presisieboer
dery gedoen is, het Senwes alreeds sy
eie Presiesieboerderyafdeling met ‘n
24-uur hulplyn.
Dit word vanaf Kleksdorp bestuur deur
Etienne Nel en sy bekwame span van 10
mense. Hulle sal elke Senwes klant met
John Deere presiesietoerusting 24
uur per dag, 365 dae per jaar
kan bystaan. Geen probleem
is te groot of te klein nie.
Etienne Nel en sy span
nooi julle hartlik uit om
hulle te kontak oor nuwe
en bestaande presisie
boerderytoerusting.
Skakel gerus ook enige
van u Senwes Equipment
werkswinkels vir die nuut-
ste inligting en hulp.
Etienne Nel: 018 464 7526 • 083 298 1553
HULPLYNNOMMER: 018 464 7550 • 018 464 7553
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020
13