Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 14
Tema:
INNOVASIE | INNOVATION
Dataplatforms
PRESISIEBOERDERY
herdefinieer boerdery in SA
Landbou-ondernemings sluit by Suid-Afrikaanse dataplatforms aan wat boerdery
wil omvorm. John Deere het ’n platform ontwikkel waarmee derdepartyverskaffers
van landboudienste, produsente met besluitneming help deur hul boerderydata te gebruik.
Gert la Grange
Senwes Equipment:Tegniese
Adviseur
D
anksy John Deere se data
en insigte, asook kunsmatige
intelligensie, kan landboudiens
verskaffers doelgemaakte
dienste ontwikkel en lewer, pasgemaak vir
elke plaas en landery.
Om te verseker dat produsente die
maksimum opbrengs uit hul werktuie
kry deur tegnologie te gebruik, het John
Deere die Operations Center-platform
ontwikkel. Dié platform maak dit vir pro-
dusente moontlik om enige landbouwerk-
tuig se data met basiese leidings- en
moniteringspakkette van grondon-
12
tleders, kunsmis-, saad- en selfs finan-
siëlediensteondernemings te kombineer.
“Die vermoë om data van elke produsent
se bedryfs- en verskaffingsnetwerk te
vermeng, ontsluit vir die eerste keer die
krag van kunsmatige intelligensie op
Suid-Afrikaanse plase,” sê mnr. Wayne
Spaumer, produkspesialis vir presisieland-
bou in Afrika Suid van die Sahara by John
Deere.
Die impak van kunsmatige intelligensie
vir individuele produsente wat betref ver-
hoogde opbrengs, die drastiese besnoei-
ing van koste en hoër inkomste per hek-
taar, gaan “dit wat as moontlik en uitvoer-
baar beskou word in die Suid-Afrikaanse
landboubedryf, herdefinieer”.
Enige produsent kan, selfs met ’n ver-
ouderde werktuig, ’n basiese leidings- en
moniteringspakket by ’n bestaande werk-
tuig of vloot voeg.
Deur ’n StarFire™
6000-ontvanger
by te voeg,
kan elke
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020
selfaangedrewe eenheid toegang kry tot
die nuutste wêreldwye seinverwerkings
tegnologie vir navigasiesatellietstelsels.
Danksy die Universal™ 300-stuurstelsel,
kan die operateur die voordele geniet van
outomatiese aandrywing by werktuie wat
nog nie selfaangedrewe is nie.
Hoewel albei “vasskroefbare” presisie-
begeleidingstegnologieë dadelik voordele
kan bied wat verminderde brandstofver-
bruik en tyd-, kunsmis- en saadkostebe-
sparings betref, word dit nóg meer opwin-
dend wanneer ’n 4240 GreenStar™
Universal Display bygevoeg word.
Dit bied aan verouderde werktuie
die vermoë om data wat tydens
werksaamhede gedokumen-
teer is, vas te vang en te
laat saamsmelt.