Senwes Scenario Desember - Februarie 2020 | Page 16

NUUS| NEWS Senwes borg Noordwes se vrouekrieketspan Senwes het in Oktober 2019 die maatskappy se verbintenis met krieket in Suid-Afrika, en in besonder vrouekrieket, bevestig met die aankondiging deur Francois Strydom, Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes, dat die maatskappy die naamregte vir die Noordwes vrouekrieketspan bekom het.  Sanmarie Schlebusch Bestuurder: Verkope en Digitale Bemarking D ie North West Dragons vrouespan sal voortaan bekend staan as die Senwes Dragons. Senwes besit reeds die naamregte vir die Senwes Park krieketstadion in Potchefstroom. Strydom het beklemtoon dat hierdie uit- breiding van Senwes se betrokkenheid by Noordwes Krieket deel is van Senwes se “#BreakingNewGround”-inisiatief en dat die maatskappy een van die voorlo­pers is wat vrouekrieket in Suid-Afrika wil ontwik- kel en ondersteun. Strydom het gesê dat vroue­sport ’n totaal nuwe en betreklik onbe­nut­te ruimte is waarbinne die privaat­sektor deur middel van onder meer borgskappe betrokke behoort te raak. Hy het dit benadruk dat hy oortuig is dat Senwes deur middel van die “#BreakingNewGround”-insiatief, ’n baanbrekerbydrae tot die ontwikkeling van vrouekrieket in Suid-Afrika sal lewer en dat dit terselfdertyd ook ’n nuwe gehoor en teikenmark vir Senwes sal skep. Op sy beurt het die Uitvoerende Hoof van Noordwes Krieket, HP Prinsloo, gesê dat die Noordwes vrouekrieketspan, voor- heen bekend as die North West Dragons groot hoogtes tydens die 2018/19 krieket- seisoen bereik het en dat dit wonderlik is dat ’n kampioenmaat­skappy ’n kampioen- span borg. Prinsloo het die Senwes Dragons alles van die beste toegewens vir die komende 14 krieketseisoen en die vertroue uitgespreek dat hulle sal voortbou op die sukses van die afgelope seisoen. Dié vrouespan het geskiedenis gemaak tydens die 2018/19 krieket­seisoen met hul oorwinning in die nasionale plaaslike reeks en daarna Krieket Suid-Afrika (CSA) se vroue provinsiale eendagbeker, provin- siale T20-beker, asook die CSA Women’s National Week gewen het. Ses van die spelers is in Suid-Afrika se nasionale span opgeneem: Anneke Bosch, Lizelle Lee, Masabata Klaas, Tazmin Brits, Tumi Sekhukhune en Evodia Yekile in die SA opkomende span. Tydens die geleentheid het Francois van der Merwe, afrigter van die Senwes Dragons vrouespan, die spelers bedank en gesê dat hulle rolmodelle vir jong mei­ sies is en dat met Senwes se betrokken- heid hoop realiteit geword het. “This is a winning team and we are excited to break new ground with our new sponsor,” het Tazmin Brits, die kaptein van die Senwes Dragons vrouespan, ter afslui­ting gesê. Die Senwes Dragons vrouekrieketspan met hul nuwe hemde aan tydens die span en borgskap se bekendstelling by Senwes se hoofkantoor in Klerksdorp. SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2020