Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 36

•••• HA N D E L SN UUS Hoe om die regte persoon aan te stel in elke pos WERKVERSKAFFING IS ’N EMOSIONELE SAAK IN SUID-AFRIKA. DIE HUIDIGE WERKLOOSHEIDSKOERS IS 27,7%, DIE HOOGSTE IN 14 JAAR. DUS OORSKRY DIE VRAAG NA WERK DIE AANBOD VAN WERK BY VERRE. SENWES HR M et die werkloosheidsyfer so hoog soos wat dit is, sou ’n mens dink dat organisasies kan kies en keur soos dit hulle behaag, maar kan hulle? Voordat ’n persoon aangestel word, is daar ’n klompie aspekte wat oorweeg moet word. Daar is waarheid in die volgende stelling: “Ons stel mense aan weens hul tegniese vaardighede en dank hulle af weens hul persoonlikheid.” Talentbestuur verwys hier na die persoon/pos-passing. Dit behels ’n proses om ’n stel tegniese vaardighede en gedragsbevoegd- hede saam te stel, wat van ’n persoon verwag word ten einde suksesvol te wees in die pos ter sprake. Dit kos tussen 75% en 150% van die werknemer se jaarlikse salaris om daardie pos weer te vul. Dit is dus noodsaaklik om die regte persoon in die regte pos aan te stel om sodanig te verseker dat die persoon in diens van die organisasiebetrokke en toegewyd bly en ’n langtermynbydrae lewer. Navorsing bewys dat wesenlike personeelomset­ syfers enige organisasie se effektiwiteit negatief beïnvloed en prestasie en produktiwiteit nadelig raak. Ten einde die regte mense vir die regte poste te bekom en te verseker dat hulle te alle tye weet wat van hulle verwag word, word aanbeveel dat die proses geformaliseer word deur die nodige tyd te neem om ’n posbeskrywing saam te stel met rele- vante inligting soos: • Minimum toepaslike kwalifikasievlakke. • Minimum toepaslike ondervindingsvlakke. • Doel van die pos (dit behels ’n kort, hoëvlak- beskrywing van dit waarvoor ’n persoon in hier­ 34 DES-MRT 2018 • SENWES Scenario