Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 37

••• • • T UIN W E N K E • • die pos verantwoordelik sal wees). • Prestasie-uitkomste (groepeer alle take in ver- skillende groepe/families). • Kerntake of aksies (aksies wat binne elke groep geneem moet word). • SMART-maatreëls (verskaf Spesifieke, Meetbare, Bereikbare (Attainable), Relevante en Tydige riglyne om die prestasie-aksies te bereik). • Tegniese vaardighede (inherente vaardighede wat benodig word om optimaal in hierdie pos te presteer, moet gelys word, bv. rekenaarvaar- dighede, aandag aan detail, beplanning en organ- isering, kommunikasievaardighede (mondeling en geskrewe), uitvoering van veelvuldige take, presta- sie onder druk, tydsbestuur, ens.). • Karaktervaardighede (insluitend elemente soos byvoorbeeld spanwerk, besluitneming, inisiatief, positiewe denke, aanpassing by verandering, volg van prosedures). Sodra ’n duidelike en besliste posbeskrywing in plek is, word dit makliker om die regte persoon vir die pos te soek. Daar is drie fases wat jou sal help om doel- gerig inligting te verkry, per kandidaat, ten einde die beste moontlike besluit te neem met betrekking tot die aanstelling:  CV en bekwaamhede (hierdie gedeelte verskaf insig oor die kandidaat se verlede tot nou toe - skoolopleiding/kwalifikasies, toepaslike werks­ ondervinding, kennis verkry en vaardighede en verwysings).  Gestruktureerde onderhoud (spesifieke vrae gefokus op relevante tegniese en gedragsaspekte wat die kandidaat moet hê om suksesvol te wees in die werksplek), en  Psigometriese evaluering (toekomsgerig en sal ’n goeie aanduiding gee van die kandidaat se voorkeure, sterk punte en risiko's in die werks­ plek). Nadat die beste kandidaat vir die pos aangestel is, maak dit jou doelwit om ’n gesonde werksverhou­ ding met jou nuwe werknemer te bou. Onthou, jy het hom/haar net so nodig soos wat hy/sy jou het. Werknemers wat waardevol voel is bereid om meer te doen as net dit wat van hulle verwag word. Omdat hulle voel dat hulle by die organisasie hoort en inpas, geniet hulle hoër vlakke van werksbevre- diging. Hierdie individue sal poog om die beeld van die organisasie te bevorder, sal ’n gesonde werksetiek handhaaf en goeie ambassadeur wees. Plante vir jou somertuin CARL KIRSTEIN D is Desembervakansie en tyd vir feestelik­ hede. Nou is die tyd om ons tuine in te kleur. Die grasperke en beddings is nou bemes, struike en bome gesnoei en begin op hul beste ver- toon. Kyk nou na jou tuin en beplan fokuspunte met kleur. Plante is soos klere vandag, hoogmode en môre so oud soos ’n oulap. Dahlias is oorspronklik deur die Asteke gekweek en het hoogmode geword en toe net skielik uit tuine verdwyn. Dit is nou weer hoogmode en hoog tyd. Hulle is lief vir die warm weer en sonskyn en wat meer is, daar is ’n groot ver- skeidenheid en hulle blom tot die eerste ryp. Plante wat ook weer populêr geword het, is die salvias of slies. Dit is nou ’n dankbare plant wat in die mooiste kleure kom. Meeste is meerjarig en dus ekonomies om aan te plant. Marigolds, oftwel Afrikanertjies, is van die mak- likste blomme om te groei en kom voor in minia- tuur tot statige hoogte. Dit is nie net kleurvol nie, maar help ook met die beheer van tuinplae. Aan die einde van die seisoen kan die sade geoes word vir die volgende seisoen se saai. Bolplante is goeie snyblomme, maar moet nie oorwater word nie. Hulle hou van hulle voete klam, maar nie nat nie. Water elke 3 tot 4 dae. Ons moet egter nie vergeet van die ou beken­de “skoonma se tong” nie. Dit het soos die Engelsman sou sê ’n “resounding comeback” gemaak. Dit is ’n plant wat agterweë gelaat is vir ’n aantal jare en maak fantastiese binnenshuise plante, asook tuin­ plante. Ek het in ’n klant se tuin agter struike ’n hele laning geplant en my asem was weggeslaan. Hulle het ten minste 1 tot 1.5 meter hoog gestaan en is ’n moet vir die modern tuin en huis. Nou vir die onaangename nuus. Ons plante floreer nou, maar so ook die peste en ellendes. Inspekteer plante gereeld en besproei so gou as moontlik. Besoek jou naaste kwekery of Hinterland-tak vir raad. Laastens, bemes julle tuine minder (minder bemesting), maar meer gereeld vir die beste resul- tate. My gunsteling is en bly Quano pellets. Tuiniers, onthou om so organies as moontlik te wees. SENWES S cenario • DES 2017-MRT 2018 35