Senwes Scenario Desember 2017 - Maart 2018 | Page 35

••• • • KO S V IR D IE SIE L • • ’n Goeie tyding van groot blydskap LEES: Lukas 2 DAAR IS MIN DINGE IN DIE LEWE LEKKERDER AS GOEIE NUUS. DIT LIG JOU SOMMER OP EN JOU DAG IS GEMAAK. MET DIE VERNEEM VAN GOEIE NUUS VOEL DIT ASOF JY OP DIE WOLKE LOOP, ASOF JY SWEWE. DINK MAAR GERUS WANNEER 'N STUDENT HOOR DAT HY SY EKSAMEN GESLAAG HET. OF AS OUPA EN OUMA VERNEEM DAAR IS 'N KLEINKIND GEBORE. DAAR IS EGTER EEN TYDING WAT AL DIE ANDER OORTREF. DIE GEBOORTE VAN JESUS CHRISTUS. TEREG KAN ONS VRA: "HOEKOM?" DEUR BEIDE DIE GEBOORTE­ VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS TE LEES, KRY ONS DIE ANTWOORD. DS. WILLIE BOTHA I n Matteus is die ontvangers van die goeie tyding die ster- rekykers. Hulle was waarskynlik astroloë wat die sterre vir aandui­ dings van toekomstige gebeure in die lewe van enkelinge en volke bestudeer het. Dit is die enigste plek in die evangelies waar Jesus deur heidene as die Koning van die Jode beskryf word. Wat nog opvallend is, is dat God selfs die kosmos gebruik om aan heidene die ongelooflike tyding te open- baar. Teenoor Herodes wat sy koningskap van die Romeine ontvang het, is Jesus as Koning gebore. Teenoor die geleerde sterrekykers was die herders, wat in Lukas 2 beskryf word, eenvoudige mense. Hulle is egter allermins uitgesluit as dit by die goeie nuus kom! Die heerlikheid van die Here was teenwoordig terwyl die engel die wonderlike nuus meedeel: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die Stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” Die groot- sheid van die blydskap word duidelik wanneer ’n engelkoor uitbasuin: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ’n wel- behae het.” God se goeie nuus is welbehae in ons, verlossing van ons sondes, God se openbaring aan die wêreld. Hierdie tyding bring beide die sterrekykers en die herders in beweging. Die grootsheid en omvang van die nuus maak dat die sterrekykers van ver af gekom het om aan Jesus hulde te bewys. Geskenke van goud, wierook en mirre is maar ’n geringe erken- ning van wat Hy werklik vir hulle beteken. Netso was die herders in vervoering. Hulle het dadelik en haastig na Bethlehem koers gekies. Soos so dikwels met goeie nuus die geval is, het hulle die verskyning aan hulle met blydskap gedeel. Met hulle terugkeer het hulle God geloof en geprys. Die goeie nuus van Kersfees en die geboorte van Jesus is ook op nog ’n manier anders as ander goeie nuus. Dit bly goeie nuus! Vir elke geslag en vir elke nasie is dit ’n tydlose tyding van inspirasie en hoop. Mag hierdie Kersfees vir jou en jou geliefdes ’n goeie tyding van groot blydskap wees, en mag dit ons telkens in bewe­ ging bring! SENWES Scenario • DES 2017-MRT 2018 33