Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 6

••••
HOOFARTIKEL

Finansiële Resultate met Francois Strydom

OM ‘ N REALISTIESE PERSPEKTIEF VAN DIE AFGELOPE FINANSIËLE JAAR TE VERKRY , KAN DIT NIE IN ISOLASIE BESKOU WORD NIE .
4
AUBREY KRUGER

Dit is belangrik om te onthou dat ’ n finansiële jaar by ons eintlik die effek van twee produksieseisoene is . Aan die marktoegangskant is dit die vorige produksiejaar se oes wat ingekom het , terwyl aan die insetkant dit hierdie jaar se insette is wat ter sprake is . Dit is kardinaal dat die groot oes wat ons nou inneem , eers by volgende jaar se finansiële resultate ingereken word .

TERUGBLIK OP DIE AFGELOPE JAAR Die afgelope jaar is gekenmerk deur ’ n baie swak oes met gepaardgaande lae volumes . Dit was omdat slegs 68 % hektare aangeplant is , wat ook suboptimaal geproduseer het . Dan is vanjaar se insette en plantaksie vir die komende goeie oes ook ingereken . Al het die huidige oes nou goed uitgedraai en is daar hoër en genormaliseerde aanplantings in vergelyking met die afgelope jaar , beperk produsente se swak kontantvloei steeds hul insette , wat daartoe lei dat hulle moet baklei vir elke transaksie , en dan is die marges natuurlik ook onder druk .
RAPPORTERING VAN RESULTATE Ons weerspieël ook die nuutste tendense in terme van rapportering van die finansiële resultate .
AUG / SEP 2017 • SENWES Scenario
Die sleutelprestasie van verskillende vorme van kapitaal sluit in finansiële- , menslike- , natuurlike hulpbronne- , vervaardigings- , intellektuele asook sosiale verantwoordelikheidskapitaal .
As daar na hierdie finansiële terme gekyk word , moes ons eintlik swakker presteer het as verlede jaar , maar met ’ n goeie balansstaatbestuur het ons beter presteer .
FINANSIËLE KAPITAAL Die vernaamste finansiële prestasie was as volg : Die omset het met 7,6 % na R9,9 miljard verhoog . Dan het die EBITDA ook met 13,9 % na R474 miljoen verhoog en ’ n netto wins van R167 miljoen is behaal . Daar is baie beter op die genormaliseerde wesensverdienste gevaar , wat na 108,4 sent per aandeel verhoog het . Die totale aandeelhouersopbrengs het ook met 8,1 % verbeter . ’ n Finale dividend van 25 sent per aandeel is aangekondig . Ons is wel ’ n klein bietjie af op ons eiekapitaalverhouding , van 40 % na 38 %.
Die totale besigheidsmodel was onder druk . Die besighede wat goed presteer het was Grainlink , Equipment , Credit , Certisure en Grainovation .
Besighede wat onder druk is , is Tradevantage en Prodist terwyl
Hinterland al beter vertoon , maar steeds onder druk is . JDI het op sy beurt groot uitbreidings gehad om nuwe besighede te vestig , en nou moet prestasie daarop volg . Die groot effek was dat die klant nie groot kapitaaluitgawes wou aangaan nie , omdat hulle ook onder druk was .
MENSLIKE KAPITAAL Ons het 5,3 % meer personeel vanjaar as gevolg van die uitbreidings by Equipment en JDI . Gegewe Suid-Afrika se werkloosheidsyfers , is hierdie veral baie belangrik . In ’ n jaar waarin werkloosheid toegeneem het , het ons na die ander kant toe beweeg en meer mense in diens geneem .
Indien daar net na indiensnemingskoste gekyk word , was daar ’ n matige styging . Hier is ons benadering om die besigheid so te bestuur dat mense ’ n werk het . Dit help nie dat indiensnemingskoste met 20 % styg en die helfte van jou werkerskorps moet afgedank word nie . Ons personeelomset is laag , maar daar is sekere besigheids eenhede waar dit weer hoër raak , wat problematies kan wees .