Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 7
HO OFA RT I KEL
NATUURLIKE HULPBRONNE
In terme van alternatiewe energie
is groot inisiatiewe geloods, wat
’n baie groot besparing op ons
elektrisiteitsverbruik teweegbring.
Hoofkantoor se elektrisiteitsver-
bruik het met 45% verlaag en
waterverbruik is ook minder.
Hierdie inisiatiewe word by
hoofkantoor geloods, waarna dit
na takke en silo’s uitgerol word. ’n
Solarprojek is ook by Hennenman
silo geloods, ’n eerste by ’n Senwes
silo, asook in die hele Suid-Afrika.
’n Groter wordende probleem
is egter besig om sy kop uit te
steek. Die kleiner dorpies betaal
nie hul elektrisiteitsrekeninge en
word sodoende beperk in terme
van kapasiteit. Dit is ’n totale
onvergenoeglike situasie. Ons belê
R12 miljoen tot R15 miljoen per
silo om genoeg krag beskikbaar te
hê, maar die newe-effek is dat daar
nog minder van Eskom gebruik
gemaak word.
Die swak bestuur van energie
komponente in Suid-Afrika is
glad nie volhoubaar nie. Daar is
vir die eerste keer meer mense op
toelaes as wat daar mense is wat ’n
werk het. Dit is ’n reusagtige rooi
lig wat flikker. Die regering pas
die verkeerde drywers toe om die
ekonomie te stimuleer.
Die regte drywers laat die eko
nomie groei. Daar moet eerder
groter kapasiteit geskep word,
plaaslike produksie moet beskerm
word en daar moet aansporings
aan die belastingkant wees om
besighede te laat groei. Dis die
aspekte wat werksgeleenthede
skep.
VERVAARDIGINGSKAPITAAL
Die afgelope drie jaar is massiewe
bedrae belê, veral aan die mark-
toegangskant, en ons gaan vir ‘n
verdere drie jaar voort met hierdie
beleggings. Meer as R500 miljoen
is reeds belê, wat verdubbel gaan
word. Die hele doel is om die
klant te bemagtig. Voorbeelde
hiervan is die opleidingsinisiatiewe
wat die afgelope aantal jare hon-
derde van ons mense se lewens
verryk het. Hierdie bemagtiging
stel hulle in staat om vroeër te
kan stroop en so addisionele tyd
te bied om produksiekapasiteit te
vergroot.
Vanjaar het ons 3,5 miljoen
ton graan om op te berg. Wie
moet dit doen? Ons moet sorg dat
landbou in sy totaliteit volhoubaar
is en moet vir die klant ’n goeie
gemiddelde prys gee om te sorg
dat hy wel betaling kry. Dit is lek-
ker om te kan sê dat ’n organisasie
jou ’n beter prys gee, maar as hy
jou nie betaal nie, wat het jy dan
nou eintlik reggekry?
Ons het ’n goeie rekord om
’n goeie gemiddelde pakkie aan
die inset- en marktoegangskant
te bied. Om klante te betaal en
te diens is die heel belangrikste
aspekte. Vanjaar is ook die eerste
jaar waarin die lojaliteitskema
toegepas gaan word waar ons R54
per ton toegeken het.
INTELLEKTUELE KAPITAAL
By Senwes glo ons ook dat per-
soneel verbeter moet word. Ons
opleidingsrekening styg die hele
tyd, want dit is presies hoe per-
soneel toegerus moet word. Ons
glo in die ontwikkeling van ons
mense se potensiaal en vermoë.
SOSIALE BETROKKENHEID
As gevolg van die swak prestasie
van regeringsorganisasies spandeer
ons al hoe meer aan alternatiewe
energieprojekte. Hiermee saam
het die totale korporatiewe sosiale
investering met 28,6% jaar-op-
jaar gestyg. Na die droogtehulp
help ons om die graanskenkings,
berging en logistieke koste te
subsidieer en is ons weer aan die
voorpunt om inisiatiewe te dryf.
Nasie in Gesprek is ook op
’n nuwe vlak. ’n Wye spektrum
•••
• •
• •
is gedek, waar ons ’n groter
leierskaprol vervul. Dit wat die
regering eintlik veronderstel is om
te doen, doen ons. Om die sosiale
strukt uur te beskerm en mense
in diens te hou is die oorhoofse
tema.
DIE TOEKOMS
Ons is tans besig om na verlede
jaar se heel swakste oes, die heel
beste oes in te neem met die
bykomende uitdaging om genoeg
opbergingskapasiteit vir al die
graan te kry.
Natuurlik is die prys, inset-
besighede en produsente onder
groot druk. Daar is produsente
wat goeie gemiddelde oeste het,
maar wat net nie hul verpligtinge
kan nakom nie. Daarom is ons
baie versigtig met die hantering
van ons kredietboek. Dit gesê, is
daar ’n baie beter verspreide kon-
tantvloei as die vorige jaar. Verlede
jaar was daar in die Bultfontein-
Hoopstad area absoluut geen oes
nie. Die mielieprys kon R10 000
per ton gewees het, dit sou geen
effek in die gebied gehad het nie.
Hierdie jaar is daar ’n oes dwars
oor die gebied.
BOODSKAP AAN PERSONEEL
Ons kom deur ’n baie moeilike
tyd. Dit is’n openbaring dat per-
soneel, ten spyte van moeilike tye,
gemotiveerd bly en aanhoudend
op die klant gefokus is. Ons het
regtig goeie kwaliteit personeel
met goeie integriteit wat eintlik
net die regte ding wil doen. Ek het
hoë lof vir die hele Senwes kom-
ponent wat hard gewerk het.
‘N POSITIEWE BOODSKAP VIR
PRODUSENTE
’n Goeie ding het saam met die
slegte droogte gekom. Almal in
die land verstaan nou wat die ver-
menigvuldigingseffek van landbou
beteken. Ons kan wel op BBP ’n
> VERVOLG OP BLADSY 6
SENWES Scenario • AUG/SEP 2017
5