Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 8
•••• H O OFA R TIK E L
Finansiele resultate
> VERVOLG VAN BLADSY 5
klein bydrae lewer, maar wanneer
die vermenigvuldigingseffek byge
reken word, spoel dit deur die hele
ekonomie. Die land het nou gro
ter waardering vir hoe belangrik
die primêre produksieproses van
die voedselwaardeketting vir die
groter ekonomie is.
6
BESIGHEID EN FILOSOFIE
Ons filosofie bly eenvoudig om
die klant op ’n volhoubare basis te
bemagtig om sy besigheid te ver-
beter. Dan volg dit logies dat ons
besigheid ook op die rug daarvan
sal verbeter. By Senwes gaan dit
oor die klant - die interne dinge is
sekondêr. Ons klante wat ons oor
tyd baie goed ondersteun het, dit
is waar ons respek en dankbaar-
heid lê.
Daar is egter baie maatskappye
wat so intern gefokus is en besig is
met aspekte om die maatskappy te
bevoordeel, dat hulle versuim om
die voordeel na die klant te laat
deurspoel. Dit kan nie volhoubaar
wees nie.
Ons moet altyd kyk hoe kom-
peterend die waardeketting in
vergelyking met ander lande is.
Ons moet ook kompeterend as
’n voedselwaardeketting reageer.
Die groot poging is steeds die
integrasie van klante en dit sal
ons tema bly. Ons sal altyd poog
om die bedryf te konsolideer. Dit
is belangrik om te onthou: Die
landboubesigheidsbedryf het nog
glad nie tot dieselfde mate gekon-
solideer as wat produsente indivi-
dueel gekonsolideer het nie.
Die beleid is om plaaslik te
konsolideer, maar ook om geleent
hede internasionaal te gaan soek.
Ons het goed begin vorder met
betrekking tot die integrasie van
besighede, maar daar lê nog baie
harde werk voor rakende die ver-
groting van die voetspoor van ons
besighede.
FOKUS OP DIT WAT BELANGRIK IS
Die algemene Suid-Afrikaner
is onder druk, daar is ’n hoë
mate van politieke onsekerheid
en die verbruiker is keelvol vir
bevoorregting. Maatskappye is
besig om die etiese tuiste van die
bevolking te word. Dit maak dat
die verantwoordelikheid wat op
landboumaatskappye se skouers
rus, net nog al hoe groter word.
My raad is: Fokus op die werk
op hande en om uitnemend te
presteer, want om op die politieke
kaskenades te fokus, neem net jou
aandag weg van dit wat regtig saak
maak.