Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 22
••••
KO L LI G
Karel Bezuidenhout
se bloed is groen
AS JOU NAAM GROEN KAREL IS, IS DIT VIR ‘N REDE!
KAREL BEZUIDENHOUT SE BLOED IS OMTRENT GROEN
OMDAT HY ‘N JOHN DEERE EN SENWES KLANT IN MURG
EN BEEN IS.
AUBREY KRUGER
G
roen Karel boer op die
plaas Pecunia in Elliot
in die Oos-Kaap. Hy beskryf
sy grond as baie uniek: “As jy
dink aan die Oos-Kaap dan sien
jy berge en vee. Ek boer op die
gelyker gedeelte in die distrik wat
ek beskou as die room van Elliot.”
Baie mense maak die maklike
fout om die plaasnaam soos die
blom, Petunia, te skryf. Maar dié
Pecunia wat geld in Latyns bete-
ken, maak deel uit van 17 aan-
grensende plase wat sowat
3 400 hektaar beslaan.
SESDE GENERASIE
Hy is die sesde generasie Bezui
denhout wat boer, met die eerste
wat al in 1883 in die omgewing
intrek geneem het en begin boer
het. Pa Daniël het in 1972 op
20
slegs 130 hektaar begin boer en
het in 1993 die plaas Pecunia
gekoop. Met sy afsterwe in 2000
het hy 13 plase besit. Karel het
ongelooflik baie respek vir sy pa
- “Hy is my groot mentor. Alles
wat ek weet het ek by hom geleer.
Hy het visie gehad wat niemand
anders gehad het nie.”
BOERDERY
Dit is ’n gemengde boerdery. Met
die veelsydige Dohne merino’s,
asook die saaiery wat die vee-
boerdery komplimenteer, werk
dit perfek. Dan brei hy ook sy
veekapasiteit uit: “Soos my pa gesê
het. Jy moet ’n goeie veefaktor
hê, dit is ’n versekering vir jou
toekoms.”
Gewasse verteenwoordig sowat
75% van die omset, met die
veefaktor 25%. Gewasse sluit in
sojabone en koring op 200 ha elk,
AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario
mielies op 750 ha en groenvoere
op 200 ha. Hy het 2 200 Dohne
merino-ooie, asook 750 Bonsmara
vroulike diere.
RAAKVAT MET DANKBAARHEID
Karel gryp elke geleentheid aan
wat op sy pad kom “en met die
Here se genade het elkeen vir my
nog uitgewerk.” Hy glo ook dat
die enigste verskil tussen individue
is wat jy met geleenthede gemaak
het wat jou pad gekruis het. Hy
het al sedert die vroeë 2000’s die
visie gehad om te meganiseer
en was die heel eerste produsent
wat met ’n nuwe stroper hier
gestroop het. En dis waar John
Deere inkom. “Daar loop net
John Deeres op my plaas,” vertel
die groen entoesias wat met die
wêreldklasnaam in boerdery groot-
geword het, met sy pa wat in 1972
’n John Deere 2120 model vir
R3 600 gekoop het.
VERBINTENIS MET JOHN DEERE
Karel het 16 John Deeres, maar
die drie belangrikstes is:
Die 2130 (1979) - Dit is ’n
Europese weergawe met ligte voor