Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 23
'n Landskap eie aan die Oos-Kaap. Hierdie
plase is op die meer gelyke gedeelte in die
distrik geleë.
Karel Bezuidenhout en sy twee seuns
Anthony en Daniel by een van sy 16
John Deere trekkers, die 8850.
op die neus, flikkerligte en wat
in plaas van ‘n handrem, ’n ‘park’
het. “Ek het geleer bestuur op
dié trekker en baie ure op daardie
linker voetplaat saam met my pa
spandeer,” deel Karel soete herin-
neringe.
Die 8850 (1983) – Dit is deur
sy oom, ook Karel, nuut gekoop
en is die eerste en enigste V8 enjin
wat deur John Deere vervaardig
is. Die model het hy in 2008
teruggekoop, nadat ’n boer in
Wellington die trekker vir 23 jaar
gehad het met die oorspronklike
CDA (Elliot) nommerplate nog
op.
Die twee 6400 modelle van
1996 - die eerste 6400 modelle
in Suid-Afrika met kajuite. Die
een model het 6 000 ure op en
die ander een het hy by sy jonger
broer, Pieter, teruggekoop.
SENWES
Hy is baie dankbaar dat Senwes
nou die John Deere agente in die
Oos-Kaap is. “Ons is nie meer die
weggooikinders nie,” sê hy inge-
nome. Met Bethlehem 600 km ver
en Bloemfontein 400 km het hy
vir John Deere gevra dat Senwes
eerder sy sake hanteer, nadat die
John Deere agente in die area nie
meer in sy behoeftes voldoen het
nie.
Groen Karel se versameling van sowat
500 John Deere modelle wat hy al van
vyfjarige ouderdom versamel.
Hy is sedert 2000 al by
Senwes en “ek weet ek is die
oudste Senwes klant hier. Ek het
baie goeie diens by Senwes in
Bloemfontein gekry.” Karel ken
die takbestuurder in Aliwal-Noord
en Ugie, Nelis van Heerden, ook
al vir 13 jaar vandat hulle aan ’n
ou 965 stroper en 3140’s trekkers
gewerk het toe Nelis nog ’n tegni-
kus was, onthou hy goed - “Van
toe af al staan Nelis deur dik en
dun by my.”
Volgens hom is Senwes ’n
maatskappy wat nie net praat nie,
hulle doen ook. Veral die woorde
van uitvoerende bestuurder van
Senwes Equipment, Ferdie Pieter
se, bly hom by: “Ons wil graag
•••
• •
K O L L IG • •
teruggee aan ons klante.” Hy
het ’n nuwe John Deere stroper
gekoop en daarop addisionele
korting gekry en so “sit Senwes
verseker hulle geld waar hulle
mond is,” sê Karel selfversekerd.
Dit help hom baie, want hy het
net een stroper wat hy elke derde
jaar vervang omdat hy ver is en
ook koring in die middel van
hulle reëntyd stroop.
JOHN DEERE MODELVERSAMELING
Die 43-jarige versamel al modelle
van kindsbeen af, vandat hy sy
eerste op vyfjarige ouderdom as
geskenk ontvang het. Hy het nou
’n ongelooflike versameling van
sowat 500 John Deere modelle.
Hy onthou dat modelle in die
1990’s moeilik bekombaar was,
maar Pietsap van Rensburg, ’n
legende in John Deere kringe, het
modelle vir hom gekry en ook
restourasiewerk behartig. “Oom
Piet is soos my tweede pa. Ons vul
mekaar goed aan en ek het selfs
van sy 4440 trekkers gekoop,” sê
Karel.
Kersfees en verjaarsdae is nie
volmaak sonder ’n John Deere
> VERVOLG OP BLADSY 22
Die Bezuidenhout familie: Karel en sy vrou
Kathleen met hulle twee seuns, Daniel (14)
en Anthony (amper 11).
SENWES Scenario • AUG/SEP 2017
21