AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG
Die mikotoksienrisiko in
ruvoer en kuilvoer
HERKOUERS IS UNIEKE DIERE. MET DIE KOMPLEKSE GROOTPENSSTELSEL KAN HIERDIE
DIERE ENERGIE EN PROTEÏEN VERKRY UIT RUVOER WAT ANDER DIERE NIE EERS
BEHOORLIK KAN VERTEER NIE. RUVOER HET DIE VOORDEEL DAT DIT ’N GOEDKOOP
VOERBRON IS VERGELEKE MET ANDER TIPES VOER, MAAR ONS MOET BEWUS WEES VAN
DIE MIKOTOKSIENE WAT HULLE KAN BEVAT.
Deur Dr. Timothy Jenkins
Ontwikkelingswetenskaplike, BIOMIN
Nie net in graan nie
M
ikotoksiene is toksiese
sekondêre metaboliete wat deur
swamme geproduseer word en
hulle kan ’n groot impak op die veebedryf
hê ten opsigte van veeartsenykoste en
swakker diereprestasie. Mense verbind
mikotoksiene gewoonlik net met graan.
Dit is wel so, maar volledige rantsoene
bevat graan, ruvoer en dikwels ook mielie-
kuilvoer. Mikotoksiene wat in die graan
is, bly gewoonlik ook in die kuilvoer.
Mikotoksiene kan egter op ander dele van
die plant geproduseer word en nie net op
die graangedeelte nie. Dit sluit sommige
van die Fusarium-swammikotoksiene
in wat algemeen in graan voorkom,
byvoorbeeld deoksinivalenol (DON,
’n probleem vir dermgesondheid en
vatbaarheid vir siektes), searalenoon
(ZEN, ’n probleem vir vrugbaarheid)
en fumonisiene (FUM, ’n probleem vir
dermgesondheid). Daar kan ook minder
bekende Fusarium-mikotoksiene soos
kulmorienverbindings en moniliformien
wees. Daar is bewyse dat sommige van
hierdie ander verbindings die effek van
DON by diere vererger.
Ruvoer kan ook mikotoksiene bevat van
ander swamme wat in of op plante groei.
Tenuasoonsuur (TeA), wat deur swamme
soos Alternaria en Phoma geproduseer
word, is dikwels teenwoordig. ’n
Algemene Phoma-siekte (stamkanker/
Swartstam) op voersorghum beteken
30
Figuur 1. Aspergillus fumigatus is een
van die algemeenste mikotoksien-
produserende kuilvoerswamme. Dit kan
gewoonlik gliotoksien produseer en die
longe of spysverteringstelsel van diere
met ’n swak immuunstelsel aantas. Dit
lei tot bloeding in die dermkanaal.
SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019
29