LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL
27 | Hittespanning en vleisbeesproduksie
vetmetabolisme verseker dat voedings-
towwe vanaf voer na weefsel en na die
spierweefsel verdeel word. Veranderende
anaboliese (opbouende) en kataboliese
(afbrekende) seine bemiddel deurentyd
hierdie verdeling van voedingstow-
we. Een tipiese reaksie is ’n afname in
insuliensirkulasie wat met ‘n afname in
sensitiwiteit vir insulien van vetweefsel
gepaard gaan. Dit maak voorsiening vir
die vrylating van vetsure uit die vetweefsel
wat vir energie gebruik kan word en dus
glukose in die liggaam spaar. Met ’n lae
voerinname word koolhidraatmetabolisme
na absorbsie ook deur ’n verlaging in
insulienwerking verander, wat tot ‘n ver-
laagde glukoseopname deur die vetweef-
sel aanleiding gee. Hierdie meganisme,
waar vetsure stadig deur die vetweefsel
vir energievoorsiening afgegee word,
is ‘n sleutelmeganisme van diere waar
proteïensintese ‘n prioriteit is.
NA-ABSORBSIEVERANDERING
TYDENS HITTESPANNING
’n Verlaagde voerinname kan skynbaar
die meeste van die swak produk-
sieprestasie van groeiende diere verklaar
wat onder HS verkeer, maar die invloed
van hitte het merkbaar ’n invloed op die
opeenvolging van weefselsintese in die
liggaam.
Die dier onder HS begin ‘n verskei-
denheid van na-absorbsie metaboliese
veranderings, wat onafhanklik van die
voeriname en energiebalans van die dier
is. Hierdie veranderings in die verdeling
van voedingstowwe is oënskynlik mega-
nismes van aanpassing om die onder-
houd en korrekte liggaamstemperatuur te
handhaaf. Die HS reaksie verander dus
na absorbsie van koolhidraat-, vetweefsel-
en proteïenmetabolisme, onafhanklik van
lae voerinname. energie-effektiwiteit kan dus ’n bete-
kenisvolle impak op die voeromsetting en
vloei van voedingstowwe hê. Die toename
in skeletweefsel se proteïenkatabolisme
(afbraak) wat met HS gepaard gaan is
eienaardig, gegewe die rol wat insulien in
die stimulasie van proteïensintese (opbou)
en inhibering van proteolise speel. Die
afbraak van skeletspiere is moontlik die
liggaam se strategie om voedingstowwe
vir die vorming van glukose (deur gluko-
neogenese) te kry.
Die interessantste meganisme van HS
diere is die oënskynlike gebrek aan
vetmetabolisme deur vetweefsel met
gepaardgaande afname in die vetweefsel
om vetsure vir addisionele energie af te
skei. Ondersoeke van verskeie spesies
het aangetoon dat koolhidraat(suiker)-me-
tabolisme met HS verander met byvoor-
beeld basale en gestimuleerde insulien-
vlakke. Lewer- en bloedmetabolisme toon
duidelike verskille in glukoseproduksie en
-gebruik gedurende HS. GEVOLGTREKKING
HS affekteer ook na-absorbsie proteïen-
metabolisme wat deur verande-
ring in die hoeveelheid karkasspierpro-
duksie van herkouers getoon word. Die
produksie van spierweefsel word verlaag
deur spanning wat deur die omgewing se
hitte veroorsaak word. Spierweefsel maak
energiegewys ‘n groot bydrae tot die
dier se massa en is ‘n duur weefsel om
te onderhou. ’n Klein verandering in die
Die primêre verskil tussen ’n dier wat
onder geen hittespanning verkeer nie en
’n diere met HS waar beide op dieselfde
energiestatus is, is die onvermoë van die
HS dier om glukosebesparende mega-
nismes te inisieer sodat vleisproduksie
prioriteit kan geniet. Vanuit ’n diereproduk-
siestandpunt, verlaag hierdie metaboliese
oorlewingsmeganisme die produktiwiteit
en die ekonomie van diereproduksie.
Deur die biologie en meganisme te
definieer van hoe HS die dier se gesond-
heid en produksievermoë benadeel, is
krities vir die ontwikkeling van ’n bena-
dering om huidige produksieprobleme te
verlaag. Dit is ook ’n voorvereiste om in
die toekoms ’n strategie te ontwikkel wat
diere se welstand, produksie en die eko
nomie van landbou in die algemeen sal
kan verbeter.
Om die produktiwiteit van produksiestelsels
vir beeste te verbeter.
Adviesdiens vir herkouervoeding
Voerprosessering, voedingsbestuur en formulering
van voere vir volhoubare produksieprestasie
Formuleer en verskaf konsentrate om formulasies te
komplimenteer
Dr. Kobus Swart 083 262 0946 • [email protected]
28
SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019