AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG
Waarom is dit belangrik?
Hittespanning (HS) of hipertermie is ’n wêreldwye probleem wat die produksievermoë van
diere sowel as die welstand van diere betekenisvol verlaag. Die verlaagde produktiwiteit
gedurende die warm somermaande kan indirek aan verlaagde voerinname en direk aan
hittespanning toegeskryf word. Hittespanning beïnvloed verskeie fisiologiese stelsels in
die liggaam en die eindresultaat daarvan het verlaagde produktiwiteit tot gevolg. Daar is
‘n dringende behoefte om te verstaan op welke wyse HS voedingstofbenutting nadelig
verander en hoe om dit te voorkom, of ten minste te verminder.
Deur dr Kobus Swart
Dierevoedingskundige
S
uid-Afrika is ’n halfwoestynland
en ondervind tradisioneel hoë
somertemperature, veral in die
westelike streke van die land.
Klimaatsverandering is reeds vir eeue ’n
werklikheid en diereproduksie moet van
tyd tot tyd by hoë temperature aanpas.
Hierdie aanpassing is beide op ’n jaar-
likse basis tydens die warm somersei
soen, asook oor langer sikliese periodes
van klimaatsverandering, wanneer
buitengewone hoë temperature, soos met
hittegolwe, ondervind word. Wat hittegol
we aanbetref is die tipies gemiddelde
aantal kere per jaar tans vyf keer per jaar
en wat heel waarskynlik in die toekoms sal
vermeerder. ’n Hittegolf word beskou as
maksimum van 30°C oor drie agtereenvol-
gende dae en ’n buitengewone hittegolf
is >35°C oor drie agtereenvolgende dae.
Die afgelope somer het Suid-Afrika ’n
paar buitengewone hittegolwe moes tro-
tseer.
HS wat deur die omgewing veroorsaak
word, bring effektiewe diereproduksie in
gedrang en verlaag dierewelstand. Dit is
gebiedend noodsaaklik dat die biologiese
meganismes van HS bepaal word wat
diere se produksievermoë verlaag. Dit is
ook ’n voorvereiste om in die toekoms op
genetiese, bestuurs-, voedings- en farma
seutiese gebied strategieë te ontwikkel
wat diereproduksie en -welstand onder
HS toestande sal kan verbeter.
TEMPERATURE WAT HITTESPANNING
VEROORSAAK
’n Omgewingstemperatuur van 30°C blyk
die kritiese punt te wees waar Bos Taurus
en Bos Indicus tipe beeste van mekaar
begin verskil in hul vermoë om normale
rektale temperature en respiratoriese
tempo te handhaaf. Die aanvaarde drum-
peltemperatuur vir gemak by die meeste
beesrasse is 32°C.
Oor die algemeen is die
HS-veroorsakende produksieverliese
by vleisbeeste nie so erg soos wat by
melkbeeste ondervind word nie. Dit is
nie bekend waarom vleisbeeste ‘n hoër
Temperatuur-Humiditeits-Indeks as melk-
beeste kan verduur nie. Voerkraalbeeste
word veral nadelig deur hoë temperature,
relatiewe hoë humiditeit, sonstraling en
lae windspoed beïnvloed. Op grond van
hierdie temperature word die drumpeltem-
perature in die Noordwes, Noord-Kaap en
Vrystaat gereeld gedurende die somer-
maande oorskry.
METABOLIESE AANPASSING BY
LAE VOEDINGSVLAKKE
’n Voorvereiste om die metaboliese
aanpassing wat met HS gepaard gaan
te verstaan, is dat die fisiologiese en
metaboliese aanpassing wat in groei-
ende diere tydens ondervoeding gebeur,
verstaan moet word. Verandering in die
verdeling van voedingstowwe na absorb-
sie vind plaas om ’n fisiologiese staat van
skelet- en spiersintese te ondersteun. Een
welbekende strategie wat groeiende diere
in ’n negatiewe energiebalans gebruik, is
die glukosebesparende effek.
Onvoldoende voedingstofinname tydens
termiesneutrale/normale omstandighede,
hou met metaboliese veranderings ver-
band wat hoë prioriteitweefsel, soos skel-
etspiere, sal ondersteun. Kenmerkende
verandering in beide koolhidraat- en
SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019
28
27