LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL
29 | Die mikotoksienrisiko
dat dit veral ’n hoë frekwensie van TeA-
besmetting het. Nie veel is bekend oor
die effek van TeA op herkouers nie, maar
dit inhibeer die vorming van proteїen
(spiergroei) en is bekend vir hul nadelige
uitwerking op die dermwand by pluimvee.
Gras
Spesifieke swamme kan in die lote van
sekere grasse groei, soos Neotyphodium-
spesie op fescuegras, en dit kan toksiese
ergotalkaloïede (ergot) produseer
wat bewerasie en vasokonstruksie
kan veroorsaak en so ook hittestres
vererger. Dit kan ook lamheid, mastitis
en vrugbaarheidsprobleme aanspoor. In
sommige gras- of graangewasse, is daar
ook ’n risiko van ander ergotswamme
soos die Claviceps-spesie, wat ook
toksiese alkaloïede kan produseer.
Lusern
Lusern is ’n ander algemene voergewas
en dit kan ook deur deoksinivalenol
(DON), searalenoon (ZEN) en aflatoksien
B1 besmet wees. Aflatoksien B1
kan in melk oorgedra word en ‘n
gesondheidsrisiko vir mense inhou
(kankerwekkend). Skenk aandag aan
die stoor van ruvoer soos lusern en
ander tipes hooi of strooi om die risiko
te verminder van Aspergillus flavus
en verwante spesies wat aflatoksiene
produseer. Aflatoksien word gewoonlik
geproduseer gedurende swak
opbergingstoestande.
Kuilvoer
Kuilvoer bring ’n ander dimensie
30
van mikotoksienrisiko na vore,
aangesien bykomende swamme in die
kuilvoerbunker kan groei. Dit is belangrik
om nie merkbaar gemufte dele van die
kuilvoer te voer nie, aangesien talle van
die swamme (soos Mucor hiemalis of
Aspergillus fumigatus) siekte by diere of
mense kan veroorsaak, en talle van hulle
(insluitend A. fumigatus) mikotoksiene
kan produseer. A. fumigatus is een
van die algemeenste kuilvoerswamme
en kan gliotoksien produseer, wat die
immuniteit van diere kan verswak. Ander
algemene kuilvoerswamme sluit in
Penicillium roquefortii (wat roquefortien C,
patulien en mikofenolsuur kan produseer)
en Monascus ruver (wat sitrinien kan
produseer) insluit.
Die beduidendheid van hierdie individuele
tipes kuilvoermikotoksiene by herkouers
verg meer navorsing, maar daar is
genoegsame bewyse dat gemufte
kuilvoer oor die algemeen nadelig is.
Benewens om nie gemufte kuilvoer te
voer nie, is dit belangrik om die risiko van
kuilvoerswamme te verminder deur met
die regte voginhoud vir kuilvoer te begin
(nie te droog nie), die kuilvoer voldoende
te kompakteer en dit so lugdig as moontlik
te bedek.’n Doeltreffende kuilvoerinokulant
(Biostabil ®) is ook belangrik om die
stabiliteit van die kuilvoer tydens inkuiling
en in die uitvoerfase te verbeter.
Uitwerking op diere
Talle van die mikotoksiene wat in voere
teenwoordig is, het ’n nadelige effek
op proteïenvervaardiging. Dit beteken
dat, soos met talle van die algemene
mikotoksiene, die uitwerking dikwels
gesien word in die snelgroeiende selle in
SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019
die liggaam wat vinnige proteïensintese
vereis, dus die dermwand, die lewer en
immuunselle. In die meeste gevalle sal
die vernaamste mikpunt wees om DON
en verwante mikotoksiene doeltreffend
te hanteer. DON verhoog die absorpsie
van ander mikotoksiene deur die
dermwand en die teenwoordigheid
van ander mikotoksiene verhoog om
die beurt die effek van DON op diere.
DON kan nie effektief gebind word deur
mikotoksiebinders nie en daarom is nuwe
tegnologie nodig om dit met behulp van
ensieme onskadelik te stel.
Mikotoksienoplossings
Mikotoksienrisikobestuur vir herkouers
moet ’n wye reeks mikotoksiene
kan hanteer wat in graan, ruvoer
en weiding teenwoordig is, asook
mikotoksiene wat tydens stoor en
inkuiling geproduseer word. Mycofix®
hanteer hierdie bekommernisse met ’n
veelvuldige strategie van adsorpsie/
binding (doeltreffend op aflatoksiene,
ergotalkaloïede en sommige van die tipes
kuilvoerswamme), biotransformasie (die
unieke bewese vermoë om deur middel
van ensieme die mikotoksiene onskadelik
te stel), en biobeskerming om die
kwesbare selle van die dermwand, lewer
en immuunstelsel te beskerm.
Vir meer inligting, kontak Albert van
Rensburg en sy span by Biomin Suid-
Afrika by 018 468 1455, 018 468 1456 of
083 409 5315, stuur ’n epos aan albert.
[email protected] of besoek die
webtuiste www.biomin.net. Verwysings is
op versoek beskikbaar. Volg ons op FB:
Biomin South Africa.