LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL
23 | Oorwintering
Omdat ons besig is om die voerbehoefte
van die vee te balanseer met die produk
siepotensiaal van die plaas, is ons soms
geneig om bykomende risiko’s te skep.
’n Goeie voorbeeld hiervan is waar ons
nuwe vertakkings aanpak, soos die aan-
plant van weiding sonder om die nodige
kritiese vrae te vra. Vrae soos:
• Of my huidige vertakkings optimaal
bestuur word (veld- en weidings
bestuur is veral hier ter sprake).
• Watter bykomende bestuursinsette
verlang word.
• Hoe die nuwe vertakking by huidige
veebestuurspraktyke inskakel.
• En die heel belangrikste: of hierdie
uitbreiding die winsgewendheid van
my onderneming verhoog en of dit nie
eerder net die risiko’s verhoog nie.
Uiteindelik gaan dit oor die produksie
van kilogramme vleis per hektaar, en om
dit jaar na jaar so kostedoeltreffend as
moontlik te doen. Dit is hier waar ‘n goeie
verhouding met ‘n vee- of weidingkundige
van onskatbare waarde is.
SO HOEVEEL VOER HET ONS NODIG?
Die ‘hoeveel’-vraag is nie altyd so maklik
om te beantwoord nie, want ons het al
telkemale gesien dat die winter net te lank
en uitgerek raak vir die hoeveelheid voer
wat beskikbaar is en, meer kere as nie, is
ons ‘spens’ leeg voordat ons hom leeg wil
hê. Ons het ook al gesien dat voer (veral
gebaalde ruvoer) vermors word omdat
daar eenvoudig te veel geproduseer is.
Die koste-implikasie hiervan is enorm.
24
Ander aspekte wat in gedagte gehou
moet word sluit in kuddegrootte, die sta-
biliteit van die kudde en die terughou van
’n groot persentasie vroulike diere met
die oog op ’n kuddeboufase. Kyk byvoor-
beeld na mielies wat op baie plase een
van die grootste bydraende faktore tot die
voerbank is: gaan ons stroop, kuil of kop-
meel maak?
Elkeen se unieke behoefte en produk-
siestelsel sal hierdie vraag beantwoord,
maar die antwoord het ’n bepaalde effek
op hoeveel voer jy gaan benodig. As jy
speenkalwers wil afrond, sal kopmeel ‘n
goeie opsie wees, maar in ’n droogtetyd-
perk waar volume verlang word, sal kuil-
voer dalk meer aangewese wees.
Wat die ‘hoeveel’-vraag betref is dit ook
belangrik om na infrastruktuur te kyk. Het
ek die aangewese en voldoende stoorg-
eriewe en, indien nie, wat is die koste
verbonde aan die huur van stoorspasie.
Baie voer wat ten duurste geproduseer
is, gaan verlore as gevolg van swak en
onvoldoende bergingspraktyke (nagen-
oeg 10% van ruvoer gaan verlore weens
verwering en windverliese nog voordat dit
in die hooirak kom). Net so is dit ook nie
gewens dat duur toerusting buite in wind
en weer staan sodat voer onder die afda-
kke kan staan nie.
Die belangrikste faktore as dit kom by
‘hoeveel’ voer voorsien moet word, is die
feit dat voerinname die grootste drywer
van veeproduksie is. Ons is almal bewus
van die sterk korrelasies tussen lig-
gaamskondisie en ekonomies belangrike
eienskappe soos konsepsie- en herkon-
sepsiesyfers, kalf- en speenpersentasies
SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019
en speenmassa. Daar is egter groot varia
sies in inname, wat kan wissel van 3%
van liggaamsmassa op raaigrashooi tot
so laag as 1,4% van liggaamsmassa op
mieliestronke. Ander dimensies soos ras,
raamgrootte en aanpasbaarheid speel
ook ’n rol.
As die NRC as riglyn gebruik word, blyk
dit duidelik dat ’n droë koei van 400 kg
nagenoeg 3,15 kg energie en sowat 0,375
kg proteïen per dag benodig vir onder-
houdsdoeleindes. Let wel dat dieselfde
koei se energiebehoefte met 25% styg
twee maande voor kalf, wanneer daar
ook ’n verdubbeling in haar proteïenbe-
hoefte ontstaan. Onthou ook dat ons in
baie gevalle boer met koeie wat heelwat
swaarder is en die nodige aanpassings
moet dus gemaak word.
Van kardinale belang in enige oorwinter-
ingsprogram is die ekonomiese handhaw-
ing van liggaamskondisie. Ons weet dat
ons winterweidings eenvoudig nie aan
die dier se onderhoudsbehoeftes voldoen
nie. Die belangrikheid van ’n korrekte
strategiese aanvullingsprogram (lekaan-
vullings) is hier van onskatbare waarde.
Talle goeie voervloeiprogramme val juis
hier plat, omdat die nodige proteïen- en/
of energie-aanvullings nie die nodige aan-
dag geniet nie, met nadelige gevolge vir
reproduksie.
Verseker dus dat jou lekprogram die
tekorte tydig aanspreek. Dit kan natuurlik
wissel na gelang van die jaar en spesi-
fieke produksiestelsel.
SLOTGEDAGTES
Die enkele belangrikste stukkie advies vir
veeboere is proaktiewe beplanning – ons