AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG
negatiewe koste-implikasies. Beplanning
vir oorwintering begin reeds in die lente
vóór die winter, wanneer die winterbe-
hoefte in terme van droëmateriaalinname
bepaal moet word (’n 100-koei-eenheid
benodig nagenoeg 500 ton droëmateriaal
per jaar).
Suksesvolle oorwintering berus op
deeglike voervloeibeplanning. Veevloei
beplanning gaan hand aan hand hiermee,
sodat dek-, kalf-/lam- en speentyd kan
sinkroniseer met optimale omgewings-
toestande om goeie produksie en repro-
duksie te verseker. Daar is nog talle plase
waar daar nie dekseisoene in plek is nie,
waar die veeladings eenvoudig te hoog
is en waar die waarde van die veld totaal
oorberaam word. Dan is daar ook die
bykomende kwessie van passassiers wat
geen ekonomiese bydrae tot die boerdery
lewer nie.
IETS OOR VOERVLOEIBEPLANNING
Die eenvoudige definisie van voervloei is
die jaarlange voorsiening van weiding en/
of voer aan diere, op die mees ekono-
miese wyse om reproduksie te handhaaf,
sonder om die hulpbron te benadeel. Of
kortom: hoeveel voer het elke klas dier per
maand nodig? Die eerste prys is steeds
om die beste gehalte voer op die plaas
self te produseer. Elke produsent se som
lyk egter anders en word beïnvloed deur
faktore soos hulpbronbeskikbaarheid, die
produksiestelsel wat gevolg word, die
koste van finansiering, die wisselkoers
en internasionale voorraadvlakke (omdat
baie van ons grondstowwe ingevoer word
en in sekere gevalle word ons produk
uitgevoer).
Voorts is dit ook belangrik om ’n mate van
elastisiteit in te bou in die voervloei-
beplanning en sodoende by omgewings-
variasies te kan aanpas. Voorbeelde hier-
van is waar boere hulle vee en voerbanke
verkoop, omdat die som werk en dit meer
lonend is om later weer vee in te koop.
Produsente word aangeraai om ’n kort- en
mediumtermynbeplanning in plek te hê
waar die korttermyn die maand tot maand
voervoorsiening behels, en die medium
termyn meer geskoei is op ’n jaarsiening.
Die beplanning moet aspekte soos voerk-
waliteit en -kwantiteit, koste verbonde aan
produksie, berging en logistiek, vermors-
ing, inkoop van voer, produksieverwag-
tinge (met verwysing na kuddevloei) en
produkinkomste in ag neem. Dit is nie ’n
waterdigte oplossing nie, maar bied die
kans om tydige aanpassings te maak, sou
die behoefte opduik. Ons is per slot van
sake besig om risiko te bestuur.
SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019
24
23