LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL
Oorwintering:
Waar lê die uitdagings?
Alhoewel daar al baie oor die onderwerp ‘oorwintering’ geskryf is, bly dit ’n groot uitdaging
vir elke produsent, enersyds omdat voer in alle waarskynlikheid die grootste koste-inset
vir die veeboer is en andersyds omdat geen twee wintertydperke ooit dieselfde is nie. Voeg
daarby kwessies soos die gehalte en hoeveelheid beskikbare veld wat met die wintertyd-
perk gepaard gaan, veldbrande, ongewone lang winters, asook die produksieverwagting
wat produsente van hulle vee het – en ons het ’n resep vir ’n baie uitdagende winter.
Deur Phillip Lee
Hinterland Diereoplossingsbestuurder
H
ierdie artikel fokus op sekere
aspekte van oorwintering,
met die klem op die slaggate,
die moets en moenies van
voervloei, voerbehoeftes en sekere prak-
tiese riglyne om oorwintering so prakties
22
en ekonomies as moontlik aan te pak.
WAAR TRAP ONS NOG KLEI?
Landbouers werk met die natuur en het
geen beheer daaroor nie. Daarom is dit
belangrik om versigtig om te gaan met
wat die weerprofete sê – al word ’n nat
winter voorspel, moet ons beplanning van
so ’n aard wees dat ons eerder vir die
SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019
ergste voorberei. Die winter van 2018 is
klinkklare bewys hiervan, toe veeboere
tot laat in November steeds winterlekke
moes voorsien in dele van die Vrystaat en
Noordwes.
Wat my by die volgende slaggat bring,
naamlik beplanning. Boere is geneig
om reaktief op te tree, gewoonlik met