AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG
wag nog te gereeld tot dit te laat is en wil
dan krisisbestuur toepas. Doen deeglike
drakragbepaling en bemark die nie-pro-
duseerders tydig. Die goue reël is om
eerder beter vir minder diere te sorg as
om die totale kudde op risiko te plaas.
Bou altyd ’n buffer in vir jare waartydens
die winter hardnekkig kan wees en die
reën wegbly. Bo en behalwe die 10%
wind- en verweringsverliese, kan vermor
sing en mis-/urinebesoedeling tot soveel
as 15% wees – maak dus voorsiening.
Probeer sover moontlik die kritiese
reproduksietye soos dek- en kalftyd
sinkroniseer met tye waar die voervoor
siening optimaal is. Waak teen impulsiewe
besluite soos afkyk by die buurman. Elke
plaas is uniek wat sy hulpbronne betref,
hetsy biologies, natuurlik, menslik en/of
finansieel.
Vra jouself ook die kritiese vraag:
“Gaan dit my onderneming se wins op
’n volhoubare wyse verhoog?” Moenie
kuddebestuursaspekte soos aanvullings,
doelmatige seleksie en kuddegesondheid
agterweë laat nie.
Let veral op goeie veld- en weidingbestu-
ur – dit is en bly die basis van eko-
nomiese oorwintering.
Veels geluk aan Senwes met jul
110de verjaardag. Van almal onder
die geel sambreel.
Santam. Regte, egte versekering.
S antam iS ’ n gemagtigde finanSiële dienSverSkaffer ( liSenSienommer 3416)
SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2019
25