AANTEKENINGE (VERVOLG)
5. BILLIKE WAARDE VAN INSTRUMENTE
Die volgende tabel som die billike waarde van insturmente op, soos geopenbaar in die
staat van finansiële posisie of die groep se finansiële state, per klas van bates of laste, ge-
kategoriseer volgens vlak van beduidendheid van insette gebruik om die waardasies te
doen:
Drabedrag Gekwoteerde
pryse in
aktiewe
markte vir
soortgelyke
instrumente Ander
beduidende
waarneem-
bare insette Beduidende
nie-
waarneem-
bare insette
TOTAAL
R’m VLAK 1
R’m VLAK 2
R’m VLAK 3
R’m
31 Oktober 2019
Totale bates 414 412 - 2
Totale laste 451 451 - -
30 April 2019
Totale bates 481 306 171 4
Totale laste 215 215 - -
Totale bates 762 730 27 5
Totale laste 404 404 - -
31 Oktober 2018
Handels- en ander debiteure, lenings ontvangbaar en betaalbaar, huurverpligtinge en staatsubsidie teen
geamortiseerde koste is geag teen billike waarde te wees.
Gedurende die periode was daar geen veranderinge in die vlakke nie. Daar het ook nie
nuwe items bygekom nie.
6. GEBEURE NA VERSLAGDOENINGSDATUM
Falcon Agricultural Equipment (Edms) Bpk
Senwes het ‘n 100% belang in Falcon Agricultural Equipment (Edms) Bpk (“Falcon”) verkry.
Falcon is ‘n vervaardiger, invoerder en kleinhandelaar van landbou-implemente. Die ver-
kryging beloop R27,7 miljoen plus die billike waarde van bedryfskapitaal op die effektiewe
datum. Die verkryging sal befonds word uit normale bedryfskontantvloeie. Die effektiewe
datum van verkryging was 1 November 2019. Senwes sal die billike waarde van bates
verkry en laste aangeneem evalueer en die klandisiewaarde of wins met winskoopaankoop
dienooreenkomstig bereken (IFRS 3).
Grainovation (Edms) Bpk
Senwes het ‘n addisionele 50% ekwiteitsbelang in Grainovation (Edms) Bpk (“Grainova-
tion”) verkry, wat die belegging op 100% te staan bring. Grainovation is ‘n verskaffer van
logistieke dienste vir sagtekommoditeite. Die verkryging beloop R27,7 miljoen. Die verkry-
ging sal befonds word uit normale bedryfskontantvloei. Die effektiewe datum van verkry-
ging was 1 November 2019. Hierdie transaksie is ‘n besigheidskombinasie met verandering
in beheer. Senwes sal die billike waarde van bates verkry en laste aangeneem evalueer en
die klandisiewaarde of wins met winskoopaankoop dienooreenkomstig bereken (IFRS 3).
Behalwe vir bogenoemde, is die direkteure nie bewus van enige wesenlike gebeurtenis
wat plaasgevind het na die verslagdoeningstydperk en tot op die datum van hierdie verslag
nie.
8
SENWESBEL ONGEOUDITEERDE TUSSENTYDSE RESULTATE 31 OKTOBER 2019