AANTEKENINGE (VERVOLG)
7. VERANDERING IN REKENINGKUNDIGE STANDAARDE
Sedert die vorige gerapporteerde finansiële state, naamlik die finansiële jaarstate vir die jaar
geëindig 30 April 2019, het die groep se rekeningkundige beleid verander om IFRS 16, Hure,
aan te neem. Die vereistes van hierdie nuwe standaard is in die finansiële state van die groep
geëvalueer en geïmplementeer. Die standaard is onderhewig aan addisionele openbaarma-
kingsvereistes.
Senwes het die gewysigde terugwerkende benadering toegepas in die aanvanklike toe-
passing van hierdie standaard. Volgens hierdie benadering word die kumulatiewe effek van
die aanvanklike toepassing van IFRS 16 erken as ‘n aanpassing aan die ekwiteit op die
datum van die aanvanklike toepassing (1 Mei 2019). Vergelykende syfers vir die jaar geëin-
dig 30 April 2019 is nie aangepas om die implementering van IFRS 16 te weerspieël nie,
maar hou eerder die rekeningkundige beleid onder IAS 17, Hure.
Die impak van hierdie nuwe standaard op die finansiële state is soos volg:
2020
Staat van finansiële posisie
R'm
Nie-bedryfsbates
Gebruiksregbate 12
Impak op totale bates 12
Nie-bedryfslaste
10
Huurverpligtinge
Bedryfslaste
2
Korttermyngedeelte van huurverpligtinge
Impak op totale laste
12
Staat van omvattende inkomste
Netto impak op wins vir die jaar
* -
* Die toename in uitgawes beloop minder as R0,5 miljoen.
Met volmag van die direksie:
AJ Kruger
Voorsitter
NDP Liebenberg
Ondervoorsitter
Klerksdorp
5 Desember 2019
DIREKTEURE:
AJ Kruger (Voorsitter), NDP Liebenberg (Ondervoorsitter), JDM Minnaar, JJ Minnaar,
TF van Rooyen en WH van Zyl.
GEREGISTREERDE KANTOOR:
Charel de Klerkstraat 1, Klerksdorp, 2570
Posadress: Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Telefoon:
(018) 464 7800
OORDRAGSEKRETARISSE:
Die Maatskappysekretaris
Senwes Beperk
Posbus 31
Klerksdorp
2570
Telefoon:
(076) 212 1776
SENWESBEL ONGEOUDITEERDE TUSSENTYDSE RESULTATE 31 OKTOBER 2019
9