AANTEKENINGE
1. AANDELE AANGEKOOP IN SENWES BEPERK
Senwesbel Beperk se aandeelhouding in Senwes het gedurende die jaar van 52,91% tot
53,50% gestyg. Die netto beweging in aandele gedurende die tydperk was 1 111 908
aandele.
2. NUWE BESIGHEIDSKOMBINASIE
KLK Landbou Beperk
Gedurende die tydperk het Senwes ‘n belang van 57,44% verkry in KLK Landbou Bpk
(“KLK“), wat as ‘n groep van maatskappye in die landbousektor handeldryf, met effektiewe
datum 1 Julie 2019. Na die effektiewe datum het Senwes ‘n addisionele 0,21% belang
verkry, wat gelei het tot ‘n finale aandeelhouding van 57,65%.
Billike waarde van bates verkry en laste aangeneem, insluitend die belangsverandering:
R’m
Boekwaarde van die netto tasbare bates (ekwiteit) van KLK, uitgesluit
nie-beherende belang A….…………….... 362
Aandeel verky (beheer) B…..………….….. 57,65%
Boekwaarde verkry van netto tasbare bates (ekwiteit) verkry C (AxB)…….... 208
Teenprestasie betaal D…….……….…... 183
Wins met winskoopaankoop E(C-D) ...…… 25
Nie-beherende belang (proporsionele metode) F (A-C)………... 154
Bedrag direk erken in ekwiteit - belangsverandering G………............ * -
* Die verandering in belang in filiaal beloop minder as R0,5 miljoen.
Die netto bates wat in die tussentydse finansiële state op 31 Oktober 2019 erken word, is
gebaseer op boekwaarde, terwyl die groep die billike waarde van die verkrygde bates en
laste evalueer. Evaluering van verdere afsonderlik identifiseerbare bates en/of laste is ook tans
in proses.
3. DIVIDENDE
Die direksie het ‘n interim dividend van 21 sent goedgekeur. Betaling van die dividend sal
op 13 Desember 2019 geskied. Die laaste dag van verhandeling is 11 Desember 2019.
Alle aandeelhouers wat op 11 Desember 2019 in die aandeelhouersregister geregistreer
is, kwalifiseer vir die dividend. Dividendterughoubelasting van 20% sal afgetrek word, waar
van toepassing.
4. VOORWAARDELIKE AANSPREEKLIKHEDE
Die Mededingingskommissie het op 24 Augustus 2017 ’n aansoek op Senwes en Trade-
vantage beteken om beweerde oortredings van die bevel na die Tribunaal te verwys met
’n versoek om ’n administratiewe boete. Die saak is intussen geskik en afgehandel met
geen boetes nie.
SENWESBEL ONGEOUDITEERDE TUSSENTYDSE RESULTATE 31 OKTOBER 2019
7