Senwes Integrated Reports Senwes 2017/2018 Geintegreerde Verslag | Page 40

38 DIE BESIGHEID BESIGHEIDSVENNOTE OWERHEDE EN REGULEERDERS AARD VAN DIE VERHOUDING BELANGRIKHEID VAN DIE VERHOUDING VIR SENWES Senwes bou verhoudings met verskeie derde partye deur mid- del van gesamentlike ondernemings, filiale en geassosieerde, ten einde die groep se geografiese voetspoor uit te brei en om kritiese massa en waardesinergieë te bekom wat moet bydra tot die posisionering van die besigheid vir toekomstige uitbrei­ ding en langtermynvolhoubaarheid. KWESSIES GEDURENDE DIE JAAR  Nie-gebruikmaking van kritiese massa en waardesinergieë om hul volle potensiaal te ontsluit.  Swak finansiële prestasie van sekere gesamentlike onder- nemings.  Oneffektiewe uitvoering van strategie. WAARDE GESKEP Koste van beleggings R’m 450 400 350 300 250 200 150 100 2009 2010 2011 Filiale 2012 2013 2014 2015 2016 2017 Gesamentlike ondernemings en geassosieerde 12 AANTAL GESAMENTLIKE ONDERNEMINGS APRIL 2018 2018 50 - AARD VAN DIE VERHOUDING VERHOUDINGSDOELWIT Om ’n voorkeurbesigheidsvennoot te wees deur die effek- tiewe uitvoering van die strategie en kritiese massa, waarde­ sinergieë, bedryfseffektiwiteit en ander voordele effektief aan te wend tot die langtermynvoordeel van die groep as geheel. 42% PERSENTASIE BESIGHEIDS­ EENHEDE WAT BESIGHEID BEDRYF AS GESAMENTLIKE ONDERNEMINGS APRIL 2018 MAATSKAPPY SE REAKSIE OP DIE KWESSIES  Jaarlikse en maandelikse oorsig (in sekere gevalle) oor beleggingsprestasie, addisioneel tot strategiese vordering en belyningsgesprekke op ’n gereelde basis ten einde ’n duidelike platform/kanaal te verskaf sodat beleggings- en strategiese doelwitte beter verstaan kan word.  Senwes het gesamentlike direksies gevestig en verleen proaktiewe bestuursbystand aan sommige van die ge­ samentlike ondernemings.  Verteenwoordigers van Senwes besoek die bedrywe van verskeie besigheidsvennote ten einde ’n beter be- grip te vorm van die uitdagings wat hulle moet oorkom en die behoeftes wat bestaan.  Senwes fasiliteer verskeie korporatiewe administra­tie­we prosesse vir die meerderheid van die gesamentlike on- dernemings deur middel van diensvlakooreenkomste, wat bestuur in staat stel om op ’n relatief onbe­perkte wyse te fokus op die oplossing van probleme wat be­ staan, die behaling van opbrengste wat in die vooruitsig gestel is, strategie en die uitvoering van die stra­tegie, sowel as die posisionering van hul besighede vir langter- myngroei en -volhoubaarheid. OORSIG | DIE BESIGHEID | STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS | PRESTASIE | KORPORATIEWE BEHEER BELANGRIKHEID VAN DIE VERHOUDING VIR SENWES Hierdie verhoudings verseker dat die maatskappy besigheid bedryf wat voldoen aan heersende wetgewing, dat Senwes aan reguleerders rapporteer en sodoende risiko’s mitigeer en die volhoubaarheid van die Senwes groep verseker. KWESSIES GEDURENDE DIE JAAR  Gedurende die jaar het die Mededingingskommissie ’n be- weerde oortreding van die skikkingsbevel, wat in Mei 2013 aangegaan is tussen die Kommissie en Senwes, na die Tri- bunaal verwys met die versoek dat ’n boete van 10% van die maatskappy se omset teen Senwes gehef word. Die Mededingingskommissie beweer dat Senwes twee klousules van die bevel oortree het, naamlik: • • Klousule 4.1.1.6: Dat die samestelling van die direksie van Tradevantage nie voldoen aan die voorskrifte van die skikkingsbevel nie en dat dit slegs uit Senwes direkteure bestaan. Dit is feitelik nie korrek nie; en Klousule 4.1.1.7: Dat Senwes nie goedkeuring van die spesifieke kliënt gehad het om inligting te verskaf oor die ligging van sy voorraad aan die handelaar, Tradevantage, nie. Dit is ’n kwessie van redenasie en interpretasie.  Veranderde B-BSEB telkaartstelsel vir die landbousektor.  Wetgewende veranderinge. WAARDE GESKEP Waarde geskep vir owerhede R178 miljoen. (2017: R153 miljoen).