34
DIE BESIGHEID
WAARDE-ONTSLUITING VIR BELANGHEBBENDEGROEPE
MISSIE
DOELWIT
Senwes se doelwit is om
innoverende en geïntegreerde
oplossings vir klante te verskaf
ten einde hulle in staat te
stel om hul besigheid
te bedryf.
Senwes is een van
die toonaangewende
landboumaatskappye in Suidelike-
Afrika wat finansierings-, versekerings-,
opbergings-, hanterings-, logistieke en
verhandelingsdienste, sowel as
insetprodukte aan graanprodusente
bied en finansiering aan
die afnemers van
graan verskaf.
WAT ONDERSKEI SENWES
STERK BONDGENOOTSKAPPE MET
STRATEGIESE VENNOTE
BEMAGTIGDE EN TOEGEWYDE WERKSMAG VOLHOUBARE WAARDE VIR AANDEELHOUERS
Senwes gaan sterk bondgenootskappe aan met strategiese
besigheidsvennote, brei sy geografiese teenwoordigheid, pro-
dukreekse en diensaanbod uit en ontsluit nuwe inkomstestrome. Senwes werknemers is nederig oor hul sukses en bly vas-
berade, selfs in moeilike tye. Hulle strewe na uitnemendheid,
bly gefokus op die maatskappy se visie en is toegewyd tot die
maatskappy se korporatiewe waardes. Senwes skep waarde vir aandeelhouers deur opbrengs op
ekwiteit te lewer, ongeag klimaatsomstandighede, insluitend
ernstige droogtes en ’n konstant-veranderende bedryf.
GEÏNTEGREERDE EN INNOVERENDE OPLOSSINGS STRATEGIESE BUIGSAAMHEID ONDER DRUK Senwes is verbind tot die belange van klante en fokus daar-
op om geïntegreerde en innoverende, volhoubare oplossings
te verskaf en terselfdertyd langtermynverhoudings te versterk. Die bestuur van Senwes het die vermoë om vinnig aan te pas
by onvoorsiene omstandighede en om dit in geleenthede te
omskep, terwyl hulle steeds voldoende risikomitigerende aksies
implementeer.
OORSIG | DIE BESIGHEID | STRATEGIESE EN BEDRYFSKONTEKS | PRESTASIE | KORPORATIEWE BEHEER
OPREGTE BETROKKENHEID IN GEMEENSKAPPE
Die maatskappy is daartoe verbind om ’n volhoubare verskil
te maak aan die welsyn van gemeenskappe in die bedienings-
gebied van die maatskappy.